Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderstorms gepaardgaande met stormwind en hael Dinsdag oorstromings in die verre oostelike dele van Noordwes, die noordoostelike dele van die Vrystaat, in Gauteng, die suidelike Hoëveld van Mpumalanga sowel as die noordelike en noordwestelike dele van KwaZulu-Natal kan veroorsaak.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie later die dag.
• Pretoria: 18 °C tot 29 °C
• Johannesburg: 17 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 18 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Laeveld. Enkele donderbuie word later die dag verwag.
• Mbombela: 20 °C tot 33 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie wat in die verre suidelike dele sal voorkom.
• Polokwane: 16 °C tot 33 °C
Noordwes
Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die ooste later die dag.
• Mahikeng: 17 °C tot 33 °C
• Vryburg: 15 °C tot 34 °C
Vrystaat
Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die oostelike en sentrale dele later die dag.
• Bloemfontein: 13 °C tot 29 °C
Noord-Kaap
Sonnig en warm. Baie warm in die binneland. Gedeeltelik bewolk in die noordoostelike binneland later die dag.
• Kimberley: 15 °C tot 26 °C
• Upington: 13 °C tot 25 °C
Wes-Kaap
Sonnig en warm in die Sentraal-Karoo-gebied, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die suidwestelike dele sowel as die suidkus later die dag.
• Kaapstad: 15 °C tot 17 °C
• George: 15 °C tot 24 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit bewolk en warm wees, maar koel langs die kusgebied. Enkele donderbuie sal oor die aangrensende binneland voorkom.
In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Bewolk en koel suid van die platorand met enkele donderbuie.
• Port Elizabeth: 16 °C tot 21 °C
• Oos-Londen: 16 °C tot 21 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk langs die kusgebied, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm in die noordooste. Bewolk met enkele donderbuie in die noordwestelike en noordelike dele later die dag.
• Durban: 19 °C tot 26 °C
• Richardsbaai: 20 °C tot 35 °C
• Pietermaritzburg: 16 °C tot 31 °C