Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n ernstige waarskuwing uitgereik vir toestande wat bevorderlik is vir die ontstaan van weghol-veldbrande in die Sederberg/ Clanwilliam-distrik.
Gauteng
Dit sal aanvanklik bewolk wees, maar later gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.
* Pretoria: 18 °C tot 30 °C
* Johannesburg: 17 °C tot 25 °C
* Vereeniging: 17 °C tot 25 °C
Mpumalanga
Oggendmis in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Laeveld met geïsoleerde buie en donderbuie in die suide.
* Mbombela: 19 °C tot 30 °C
* Standerton: 15 °C tot 31 °C
* Ermelo: 14 °C tot 28 °C
Limpopo
Oggendmiskolle oor die suidelike platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.
* Polokwane: 17 °C tot 28 °C
* Mokopane: 20 °C tot 31 °C
* Tzaneen: 18 °C tot 30 °C
Noordwes
Dit sal aanvanklik bewolk wees, maar later gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.
* Mahikeng: 18 °C tot 29 °C
* Vryburg: 19 °C tot 29 °C
* Rustenburg: 20 °C tot 30 °C
Vrystaat
Dit sal aanvanklik bewolk wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm, met geïsoleerde buie en donderbuie.
* Bloemfontein: 16 °C tot 27 °C
* Kroonstad: 17 °C tot 24 °C
* Sasolburg: 18 °C tot 29 °C
Noord-Kaap
Bewolk en koel met oggendmis langs die kus, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde buie en donderbuie. In die noordooste sal daar verspreide buie en donderbuie wees.
* Kimberley: 17 °C tot 29 °C
* Upington: 23 °C tot 35 °C
* Springbok: 19 °C tot 31 °C
Wes-Kaap
Matig en warm tot baie warm in die weste, maar warm in die suidweste, andersins bewolk en koel met ligte reën langs die suidkus en aangrensende binneland.
* Kaapstad: 20 °C tot 32 °C
* George: 16 °C tot 22 °C
* Worcester: 18 °C tot 32 °C
Oos-Kaap
In die westelike gedeelte van die Oos-Kaap is dit bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie met ligte reën langs die kus en aangrensende binneland. In die oostelike dele sal dit koel wees in die noordooste, andersins bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.
* Port Elizabeth: 20 °C tot 24 °C
* Oos-Londen: 20 °C tot 27 °C
* Graaff-Reinet: 18 °C tot 31 °C
KwaZulu-Natal
Oggendmis oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die noordooste. Geïsoleerde buie en donderbuie word verwag, behalwe oor die noord-oostelike en verre oostelike dele van die provinsie.
* Durban: 21 °C tot 28 °C
* Richardsbaai: 21 °C tot 35 °C
* Pietermaritzburg: 17 °C tot 27 °C