Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings vir Dinsdag uitgereik oor ’n westelike tot noordwestelike wind aan die kus van die Wes-Kaap wat binne ’n kort tydperk ontwrigting by klein hawens kan veroorsaak. Strand-aktiwiteite tussen Tafelbaai en Kaap Agulhas sal na verwagting ontwrig word.

Daar word ook gewaarsku oor ’n noordwestelike wind in die binneland wat onder meer probleme op die N1, N7, R321 en R43 vir hoë voertuie kan veroorsaak, asook skade aan formele en informele nedersettings in die Kaapse metropool.

Daar is ook ’n waarskuwing oor reën wat oorstromings in die Kaapse metropool, suidwestelike dele van die Kaapse Wynlande en westelike Overberg vanaf die aand tot Woensdag kan meebring.

’n Brandgevaar bestaan vir die sentrale dele van die Wes-Kaap, oostelike dele van die Noord-Kaap, die noorde van die Oos-Kaap sowel as die verre westelike dele van die Vrystaat.

Gauteng

Sonnig in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die namiddag.

• Pretoria: 15 °C tot 32 °C

• Johannesburg: 13 °C tot 29 °C

• Vereeniging: 14 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Miskolle in die oggend aan die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Enkele buie en donderbuie sal voorkom, behalwe in die Laeveld waar dit bloedig warm sal wees.

• Mbombela: 18 °C tot 32 °C

• Ermelo: 13 °C tot 28 °C

• Skukuza: 20 °C tot 38 °C

Limpopo

Miskolle in die oggend aan die suidelike platorand. Dit word andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die sentrale en westelike dele.

• Polokwane: 19 °C tot 30 °C

• Mokopane: 20 °C tot 33 °C

• Tzaneen: 18 °C tot 31 °C

Noordwes

’n Sonnige oggend in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die namiddag.

• Mahikeng: 16 °C tot 32 °C

• Vryburg: 16 °C tot 32 °C

• Potchefstroom: 15 °C tot 35 °C

Vrystaat

Sonnig in die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Enkele buie en donderbuie word die namiddag in die ooste verwag.

• Bloemfontein: 10 °C tot 31 °C

• Kroonstad: 14 °C tot 31 °C

• Fauresmith: 10 °C tot 32 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk met oggendmis in die verre noordweste, andersins sonnig en koel tot warm, maar baie warm op plekke.

Die wind langs die kus waai lig tot matig suidoos en word die namiddag taamlik sterk tot sterk.

• Kimberley: 11 °C tot 34 °C

• Upington: 13 °C tot 30 °C

• De Aar: 12 °C tot 27 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met reën langs die suidwestelike kus in die oggend, wat na verwagting teen die namiddag na die suidkus sal uitbrei.

Die wind langs die kus waai lig tot matig suid tot suidoos. Teen die namiddag word die wind taamlik sterk tot sterk.

• Kaapstad: 15 °C tot 21 °C

• George: 13 °C tot 26 °C

• Beaufort-Wes: 15 °C tot 30 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele is dit die oggend bewolk, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm en winderig op plekke in die noordelike binneland. Die wind langs die kus waai in dié dele lig noordwes, en word laatoggend suidoos.

In die oostelike helfte word motreën die oggend langs die platorand verwag. Dit is andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar bewolk langs die kus. Sterk winde word in die noord-sentrale binneland verwag. Die wind langs die kus waai lig tot matig wes, maar noordoos in die aand.

• Gqeberha (Port Elizabeth): 17 °C tot 25 °C

• Oos-Londen: 18 °C tot 25 °C

• Cradock: 12 °C tot 31 °C

KwaZulu-Natal

Miskolle word die oggend in die binneland verwag. Dit word andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm op plekke in die noorde.

Die wind langs die kus waai die oggend matig suid tot suidwes suid van St. Lucia, andersins noord tot noordoos en word laatmiddag taamlik sterk in die noorde.

• Durban: 22 °C tot 28 °C

• Richardsbaai: 23 °C tot 30 °C

• Pietermaritzburg: 18 °C tot 31°C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.