Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat daar Dinsdag ’n moontlikheid is van wegholbrande oor die sentrale dele van die Oos-Kaap, die westelike en noordelike dele van die Wes-Kaap asook die westelike en sentrale dele van Noord-Kaap. ’n Hittegolf word ook Dinsdag in die Richtersveld, Nama Khoi- en Kamiesberg-munisipaliteite in die Noord-Kaap sowel as die Matzikama-munisipaliteit in die Wes-Kaap verwag. Die hittegolf sal na verwagting tot Woensdag duur.

Gauteng

Sonnig en warm.

• Pretoria: 13 °C tot 31 °C

• Johannesburg: 11 °C tot 28 °C

• Vereeniging: 10 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Aanvanklik gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins sonnig en warm. Uitermate warm in die Laeveld.

• Mbombela: 14 °C tot 29 °C

Limpopo

Aanvanklik gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins sonnig en warm. Baie warm op plekke in die suidwestelike dele van die Bosveld.

• Polokwane: 12 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig en warm.

• Mahikeng: 13 °C tot 28 °C

• Vryburg: 14 °C tot 30 °C

Vrystaat

Sonnig en warm.

• Bloemfontein: 14 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Sonnig en warm tot baie warm. Uitermate warm op plekke in die binneland.

• Kimberley: 15 °C tot 34 °C

• Upington: 20 °C tot 37 °C

Wes-Kaap

Bewolk met miskolle langs die suidkus in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermate warm in die noordelike en westelike binneland.

• Kaapstad: 17 °C tot 34 °C

• George: 12 °C tot 26 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit in die oggend sonnig en warm wees met miskolle langs die kusgebied.

In die ooste sal dit in die oggend sonnig en warm wees met mis langs die kusgebied en die aangrensende binneland later die dag.

• Gqeberha: 18 °C tot 25 °C

• Oos-Londen: 20 °C tot 29 °C

KwaZulu-Natal

Aanvanklik gedeeltelik bewolk in die ooste met mis oor die binneland, andersins sonnig en warm. Uitermate warm op plekke in die noorde.

• Durban: 20 °C tot 29 °C

• Richardsbaai: 22 °C tot 30 °C

• Pietermaritzburg: 17 °C tot 29 °C

Meer oor:  Streekweer  |  Weervoorspelling  |  Weer  |  Wegholbrande  |  Hittegolf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.