Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings vir Dinsdag uitgereik nie.

Gauteng

Sonnig en koel.

• Pretoria: 7 °C tot 24 °C

• Johannesburg: 6 °C tot 20 °C

• Vereeniging: 6 °C tot 21 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins sonnig en koel, maar warm in die Laeveld.

• Mbombela: 10 °C tot 23 °C

• Witbank: 7 °C tot 22 °C

• Ermelo: 5 °C tot 21 °C

Limpopo

Sonnig en koel tot warm.

• Polokwane: 7 °C tot 22 °C

• Phalaborwa: 13 °C tot 25 °C

• Mokopane: 8 °C tot 24 °C

Noordwes

Sonnig en koel.

• Mahikeng: 6 °C tot 24 °C

• Vryburg: 7 °C tot 24 °C

• Potchefstroom: 7 °C tot 25 °C

Vrystaat

Sonnig en koel, word gedeeltelik bewolk in die suide.

• Bloemfontein: 5 °C tot 22 °C

• Welkom: 6 °C tot 23 °C

• Bethlehem: 3 °C tot 21 °C

Noord-Kaap

Oggendmiskolle sal langs die weskus voorkom, waar dit koel sal wees. Dit sal andersins sonnig en warm wees, maar gedeeltelik bewolk in die weste en suide. Enkele donderbuie sal teen die namiddag in die suidweste voorkom.

Die wind langs die kus waai lig noord.

• Kimberley: 4 °C tot 24 °C

• Upington: 14 °C tot 28 °C

• De Aar: 7 °C tot 23 °C

Wes-Kaap

Oggendmis langs die weskus, waar dit koel sal wees. Andersins gedeeltelik bewolk en warm. In die sentrale en oostelike dele sal dit bewolk word met enkele buie en donderbuie in die namiddag.

Die wind langs die kus sal aanvanklik lig waai en later matig suidoos langs die suidkus. Die wind langs die Weskus sal matig suidwes waai.

• Kaapstad: 16 °C tot 26 °C

• George: 14 °C tot 25 °C

• Beaufort-Wes: 15 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

In die weste is dit sonnig en warm en word teen die aand bewolk met enkele buie en donderbuie in die weste.

Die wind langs die kus sal lig tot matig suidwes waai en laatmiddag lig suidoos, wes van St. Francisbaai.

In die ooste is dit sonnig en koel, maar warm in die suidwestelike dele.

Die wind langs die kus sal lig tot matig noordoos waai.

• Gqeberha (Port Elizabeth): 14 °C tot 24 °C

• Cradock: 7 °C tot 26 °C

• Oos-Londen: 15 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk met oggendmis in die binneland, andersins sonnig en koel.

Die wind langs die kus sal matig noordoos waai, maar suidoos noord van Richardsbaai.

• Durban: 16 °C tot 23 °C

• Richardsbaai: 15 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 10 °C tot 24 °C

Meer oor:  Dinsdag  |  Weer  |  Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.