Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor stormsterkwinde Dinsdag in die suidelike dele van Namakwa in die Noord-Kaap, die Sentraal- en Klein-Karoo, die Kaapse Wynlande in die Wes-Kaap sowel as die westelike binneland van die Oos-Kaap. Stormsterk winde tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas in die Wes-Kaap word ook Dinsdag verwag.

’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande wat tot wegholbrande in die Noord-Kaap, die Sentraal- en Klein-Karoo in die Wes-Kaap en die westelike dele van die Oos-Kaap kan lei.

Gauteng

Sonnig en koel, maar koud oor die sentrale dele.

• Pretoria: 5 °C tot 20 °C

• Johannesburg: 4 °C tot 17 °C

• Vereeniging: 1 °C tot 18 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot koud.

• Mbombela: 9 °C tot 22 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en koel.

• Polokwane: 6 °C tot 20 °C

Noordwes

Sonnig en koel.

• Mahikeng: 4 °C tot 21 °C

• Vryburg: 4 °C tot 21 °C

Vrystaat

Sonnig en koel.

• Bloemfontein: 0 °C tot 19 °C

Noord-Kaap

Warm in die noorde, andersins sonnig en koel. Winderig later die dag. Dit sal bewolk wees in die oggend langs die kusgebied.• Kimberley: 1 °C tot 22 °C

• Upington: 10 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Sonnig in die oggend in die oostelike dele, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm met reën in die westelike sowel as suidwestelike dele. Winderig in die oostelike binneland.

• Kaapstad: 16 °C tot 18 °C

• George: 15 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit sonnig, winderig en koel tot warm wees. Gedeeltelik bewolk later die dag.

In die ooste sal dit sonnig en koel wees. Warm op plekke in die suidweste.

• Gqeberha: 17 °C tot 26 °C

• Oos-Londen: 17 °C tot 28 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en koel, maar warm in die noordooste.

• Durban: 13 °C tot 24 °C

• Richardsbaai: 13 °C tot 25 °C

• Pietermaritzburg: 8 °C tot 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.