Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku sterk noordwestelike winde word Dinsdag oor die binneland van die Wes-Kaap en die suidelike dele van die Noord-Kaap verwag. ’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande wat tot wegholbrande in Beaufort-Wes, Sentraal-Karoo, die Klein-Karoo in die Wes-Kaap asook die Karoo-Hoogland en Khai-Ma in die Noord-Kaap kan lei.

Gauteng

Sonnig en koel maar koud in die suide.

• Pretoria: 1 °C tot 18 °C

• Johannesburg: 0 °C tot 15 °C

• Vereeniging: -2 °C tot 16 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk met mis in die oggend, andersins sonnig en koud. Koel in die Laeveld.

• Mbombela: 6 °C tot 19 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk in die ooste in die oggend met miskolle, andersins sonnig en koel.

• Polokwane: 2 °C tot 17 °C

Noordwes

Sonnig en koel.

• Mahikeng: -1 °C tot 18 °C

• Vryburg: -3 °C tot 19 °C

weerkaart

Vrystaat

Sonnig en koud tot koel.

• Bloemfontein: -4 °C tot 17 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel tot warm met hoë wolke.

• Kimberley: -1 °C tot 19 °C

• Upington: 9 °C tot 21 °C

weerkaart

Wes-Kaap

Bewolk in die weste, andersins koud tot koel maar warm op plekke in die ooste. Reën word oor die suidwestelike dele later die dag verwag wat na die ooste sal versprei. Ontwrigtende winde word ook oor die oostelike dele van die Kaapse Wynland en Sentraal-Karoo verwag.

• Kaapstad: 13 °C tot 17 °C

• George: 12 °C tot 24 °C

weerkaart

Oos-Kaap

Sonnig en koel. Warm op plekke langs die kusgebied en die aangrensende binneland.

• Gqeberha: 16 °C tot 26 °C

• Oos-Londen: 15 °C tot 27 °C

weerkaart

KwaZulu-Natal

Sonnig en koel tot warm.

• Durban: 12 °C tot 23 °C

• Richardsbaai: 11 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 4 °C tot 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.