Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Uiters hoë brandgevaartoestande word Donderdag in die Namakwadistrik en die noordelike binneland van die Weskusgebied verwag, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Gauteng

Mis word in die oggend verwag. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees. Op Vereeniging sal dit baie koud wees met temperature wat wissel tussen 3 °C en 19 °C. Dit sal ook koud wees in Johannesburg (8 °C en 19 °C), maar koel in Pretoria (8 °C en 22 °C).

Mpumalanga

Daar sal oggendmiskolle langs die platorand wees, andersins sal dit bewolk en koel tot koud wees. In die Laeveld sal dit warm wees. Op Nelspruit sal dit koud wees, met die kwik wat styg van 12 °C die oggend tot 19 °C later die dag.

Limpopo

Miskolle word langs die platorand verwag, andersins sal dit bewolk en koel wees, maar warm plek-plek in die Laeveld. Polokwane se minimum en maksimum temperature is 10 °C en 19 °C.

Noordwes

Dit sal sonnig en koel wees, maar gedeeltelik bewolk in die ooste. Met temperature van 8 °C en 23 °C sal Mahikeng koel wees, asook Vryburg met 7 °C en 22 °C.

Vrystaat

Ryp word in die oggend in die ooste verwag. Dit sal andersins sonnig en koel wees, maar gedeeltelik bewolk en koud in die verre ooste. In Bloemfontein styg die kwik van 4 °C tot tot 20 °C.

Noord-Kaap

Sonnig en koel in die ooste, maar warm tot baie warm langs die suidweskus. Die wind langs die kus sal lig oos en later noordoos waai. Kimberley word oornag koud. Die temperatuur styg van 5 °C tot 22 °C. Op Upington styg die kwik van 8 °C tot 25 °C.

Wes-Kaap

Baie warm langs die weskus, andersins sonnig en koel tot warm, maar baie warm plek-plek aan die suidweskus en aangrensende binneland. In Kaapstad styg die temperatuur van 15 °C tot 26 °C en in George van 10 °C tot 25 °C.

Oos-Kaap

Sonnig en koel tot warm wees in die weste. Dit word later gedeeltelik bewolk langs die kus. Kuslangs waai die wind lig suidwes.

Miskolle word in die oggend op plekke oos van die Keimond verwag. Andersins sal dit sonnig en koel tot warm wees, maar koud in die noorde. In Oos-Londen is die minimum temperatuur 10 °C en die maksimum 25 °C en in Port Elizabeth 10 °C en 22 °C.

KwaZulu-Natal

Dit sal aanvanklik bewolk wees met buie in die ooste en noorde, maar verspreid langs die noordkus. Die wind langs die kus is matig tot koud. In Pietermaritzburg styg die temperatuur van 12 °C tot 23 °C, op Richardsbaai van 16 °C tot 23 °C en in Durban van 18 °C tot 24 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.