Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat toestande Donderdag ’n gevaar inhou vir wegholveldbrande oor die sentrale binneland van die Noord-Kaap, die westelike en sentrale binneland van die Oos-Kaap en die Sentrale Karoo in die Wes-Kaap.

Onstuimige seetoestande met deinings van 6 m tot 7 m word Donderdagmiddag tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas verwag, wat deur die nag tot Plettenbergbaai sal uitbrei.

Die weerkantoor waarsku ook dat sterk wind van 60 km/h Donderdagoggend oor die Breederiviervallei, die Sentrale Karoo en die Namakwa-distrik kan voorkom, asook Donderdagaand oor die Klein-Karoo, en die noordelike binneland van die Oos-Kaap.

Sneeuneerslae word teen Vrydag verwag oor die hoogliggende gebiede van die Oos-Kaap.

Die weervoorspelling vir Donderdag is:

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en koel. In Pretoria is die verwagte minimum temperatuur 8 °C en die maksimum 22 °C, in

Johannesburg 7 °C en 20 °C en in Vereeniging 2 °C en 20 °C.

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk in die oggend met miskolle op plekke. Op die Hoëveld en langs die platorand word dit mooiweer en koel tot koud. In Mbombela is die verwagte minimum temperatuur 11 °C en dit styg tot ’n maksimum van 21 °C.

Limpopo

Bewolk in die oggend met miskolle op plekke in die oostelike en sentrale dele, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar mooiweer in die suidweste. In Polokwane kan die kwik van 7 °C vroegoggend tot 20 °C later die dag styg.

Noordwes

Mooiweer tot gedeeltelik bewolk en koel. In Mahikeng sal die kwik na verwagting van 7 °C tot 22 °C en in Vryburg van 5 °C tot 23 °C styg.

Vrystaat

Mooiweer tot gedeeltelik bewolk en koel. In Bloemfontein is die verwagte minimum temperatuur 2 °C en die maksimum 22 °C.

Noord-Kaap

Mooiweer en warm met hoë wolke, maar koud en winderig oor die suidelike binneland. Dit sal bewolk word in die weste en suidweste met ligte reën van die aand af.

Die wind langs die kus sal aanvanklik matig noordwes wees, en word taamlik sterk suidwes. In Kimberley styg die temperatuur na verwagting van 5 °C tot 24 °C en in Upington van 9 °C tot 25 °C.

Wes-Kaap

Mooiweer tot gedeeltelik bewolk en winderig oor die noordoostelike binneland, andersins bewolk en koud tot koel met reën in die weste vanaf die oggend. Dit sal na verwagting uitbrei tot die suidkus en aangrensende binneland teen die aand. Ligte sneeuneerslae is moontlik oor die westelike berge. Die wind langs die kus is aanvanklik matig noordwes langs die suidkus, andersins taamlik sterk noordwes. Vir Kaapstad word ’n minimum temperatuur van 14 °C en ’n maksimum van 15 °C voorspel. In George is dit 18 °C en 20 °C.

Oos-Kaap

Dit sal na verwagting oor die westelike dele van die provinsie winderig oor die binneland wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Dit word bewolk met enkele aandbuie langs die kus en aangrensende binneland wes van Port Elizabeth. Die wind langs die kus is matig tot taamlik sterk noordwes en word suidwes vanaf die weste.

Oor die oostelike dele van die provinsie sal dit koel en winderig in die noorde wees, andersins mooiweer en warm, maar gedeeltelik bewolk in die namiddag. Die wind langs die kus is matig tot taamlik sterk noord tot noordoos en word suidwes in die suide. In Port Elizabeth word ’n minimum temperatuur van 10 °C en ’n maksimum van 30 °C verwag, en in Oos-Londen is dit 16 °C en 30 °C

KwaZulu-Natal

Mooiweer en koel, maar warm in die ooste. Die wind langs die kus is matig tot taamlik sterk noordoos. In Durban kan die kwik van 14 °C tot 27 °C styg, in Richardsbaai ook van 14 °C tot 27 °C en in Pietermaritzburg van 9 °C tot 26 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.