Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uitermatig groot kans vir die ontstaan van brande oor die sentrale en noordelike dele van die Noord-Kaap Donderdag. Hewige donderstorms word ook in die noordoostelike binneland van die Oos-Kaap en die suidwestelike dele van KwaZulu-Natal verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie teen die middag.

  • Pretoria: 18 °C tot 31 °C
  • Johannesburg: 16 °C tot 29 °C
  • Vereeniging: 16 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle op die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide buie en donderbuie, wat minder verspreid in die ooste sal wees.

  • Mbombela: 18 °C tot 29 °C

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle op die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide buie en donderbuie wat minder verspreid in die noordooste sal wees.

  • Polokwane: 17 °C tot 31 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later bewolk word met enkele buie en donderbuie oor die sentrale en oostelike dele.

  • Mahikeng: 21 °C tot 34 °C
  • Vryburg: 18 °C tot 36 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later bewolk raak in die ooste met enkele buie en donderbuie.

  • Bloemfontein: 17 °C tot 34 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk met mis langs die kusgebied, andersins sonnig en warm.

  • Kimberley: 17 °C tot 36 °C
  • Upington: 15 °C tot 33 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk met enkele buie langs die suidoostelike kusgebied en aangrensende binneland asook langs die suidwestelike kusgebied waar dit koel sal wees, andersins bewolk en gedeeltelik bewolk in plekke. Dit sal later gedeeltelik bewolk tot sonnig wees. Daar is ook ’n moontlikheid van enkele donderstorms oor die verre noordoostelike dele.

  • Kaapstad: 17 °C tot 23 °C
  • George: 17 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees met enkele buie en donderbuie wat meer verspreid langs die platorand en in die ooste sal voorkom. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees met verspreide buie en donderbuie. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele donderbuie in die noordweste.

  • Port Elizabeth: 20 °C tot 25 °C
  • Oos-Londen: 19 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Mis sal in die oggend oor die binneland voorkom, andersins sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk word met enkele buie en donderbuie wat meer verspreid in die verre suidweste sal voorkom.

  • Durban: 22 °C tot 31 °C
  • Richardsbaai: 23 °C tot 34 °C
  • Pietermaritzburg: 18 °C tot 34 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.