Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Daar is Donderdag ’n uitermatig groot brandgevaar oor die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes, die Vrystaat en Laingsburg in die Wes-Kaap, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Hewige donderstorms word oor die verre noordoostelike dele van die Oos-Kaap en in die westelike dele van KwaZulu-Natal verwag.

Hittegolftoestande word vir die westelike en sentrale dele van die Vrystaat en Noordwes, asook die verre oostelike dele van die Noord-Kaap voorspel. Dié toestande sal tot Vrydag duur.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met baie warm toestande oor die Hoëveld met donderstorms teen die middag.

  • Pretoria: 19 °C tot 32 °C
  • Johannesburg: 17 °C tot 31 °C
  • Vereeniging: 18 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Baie warm toestande sal oor die Laeveld heers met enkele donderstorms later in die dag.

  • Mbombela: 17 °C tot 30 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderstorms in die middag.

  • Polokwane: 18 °C tot 31 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm op plekke in die weste. Dit sal later gedeeltelik bewolk in die ooste wees met enkele donderbuie.

  • Mahikeng: 20 °C tot 35 °C
  • Vryburg: 17 °C tot 39 °C

Vrystaat

Aanvanklik bewolk in die verre noordooste met miskolle in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm. Later in die dag sal dit gedeeltelik bewolk wees met enkele donderbuie in die noorde en noordooste. In die weste sal dit baie warm wees.

  • Bloemfontein: 18 °C tot 37 °C

Noord-Kaap

Mistige toestande in die oggend langs die suidkus waar dit warm sal wees, andersins sonnig en warm met baie warm toestande in die noordooste.

  • Kimberley: 19 °C tot 40 °C
  • Upington: 19 °C tot 39 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk met miskolle langs die westelike en suidwestelike kusgebied, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm op plekke oor die oostelike binneland. Dit sal bewolk wees oor die westelike en suidwestelike gebiede met ligte reën laataand.

  • Kaapstad: 18 °C tot 26 °C
  • George: 18 °C tot 29 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit in die suidooste bewolk wees, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met warm toestande langs die kusgebied. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en warm wees met enkele buie en reën suid van die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderstorms langs die platorand.

  • Port Elizabeth: 19 °C tot 26 °C
  • Oos-Londen: 21 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Miskolle in die oggend oor die binneland met enkele buie in die verre ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met baie warm toestande op plekke in die noorde. Enkele buie en donderbuie word vir die middag voorspel, wat meer verspreid in die weste sal voorkom.

  • Durban: 22 °C tot 28 °C
  • Richardsbaai: 22 °C tot 29 °C
  • Pietermaritzburg: 18 °C tot 30 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.