Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uitermatige groot kans vir brande oor die binneland van die Noord-Kaap asook die Sentraal-Karoo.

Hewige donderstorms word ook Donderdag oor die suidwestelike binneland van KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van Oos-Kaap verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie.

  • Pretoria: 18 °C tot 32 °C
  • Johannesburg: 17 °C tot 31 °C
  • Vereeniging: 17 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Aanvanklik bewolk in die ooste, met miskolle in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie behalwe in die Laeveld waar dit meer verspreid in die verre suide sal voorkom.

  • Mbombela: 17 °C tot 27 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms in die suide.

  • Polokwane: 15 °C tot 28 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die ooste.

  • Mahikeng 19 °C tot 32 °C
  • Vryburg 18 °C tot 34 °C

Vrystaat

Baie warm in die verre weste, andersins sonnig en warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk wees met enkele buie en donderbuie wat later meer verspreid sal voorkom.

  • Bloemfontein 16 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk in die weste met mis in die oggend langs die kusgebied, waar dit ook koel sal wees, andersins sonnig en warm tot baie warm op plekke in die binneland. Dit sal in die ooste gedeeltelik bewolk wees met enkele buie en donderbuie in die verre ooste.

  • Kimberley 17 °C tot 35 °C
  • Upington 19 °C tot 39 °C

Wes-Kaap

Sonnig en warm in plekke in die westelike en suid-westelike dele, andersins bewolk en warm met motreën langs die kusgebied waar dit later gedeeltelik bewolk oor die Sentraal-Karoo sal wees. Koel weertoestande word vir die suidwes- en suidkus voorspel.

  • Kaapstad 18 °C tot 27 °C
  • George 17 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees met enkele buie en reën in die suide, andersins gedeeltelik bewolk met donderstorms in die noordooste teen die middag se kant. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees met verspreide buie en reën in die suide van die platorand, andersins sonnig en warm. Dit sal later in die dag gedeeltelik bewolk word met donderstorms in die middag.

  • Port Elizabeth 19 °C tot 24 °C
  • Oos-Londen 20 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Mis oor die binneland in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Dit sal bewolk word in die middag met verspreide buie en donderbuie in die weste en die suidelike dele, andersins sal enkele buie en donderbuie in die noord-ooste voorkom.

  • Durban 22 °C tot 29 °C
  • Richardsbaai 22 °C tot 31 °C
  • Pietermaritzburg 18 °C tot 32 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.