Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n baie hoë brandgevaar in die omgewing van die !Kheis-munisipaliteit in die Noord-Kaap.

Gauteng

Mooi weer en warm met ’n hoë sonbrand-indeks.

* Pretoria: 10 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 08 °C tot 26 °C

* Vereeniging: 06 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Mooi weer en koel tot warm.

* Mbombela: 10 °C tot 27 °C

Limpopo

Mooi weer en warm.

* Polokwane: 07 °C tot 26 °C

Noordwes

Mooi weer en warm.

* Mahikeng: 07 °C tot 28 °C

* Vryburg: 08 °C tot 27 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk in die weste in die oggend, maar andersins mooi weer en warm. Dit sal egter koel wees langs die Lesotho-grens.

* Bloemfontein: 07 °C tot 26 °C

Noord-Kaap

Mistig en koel langs die kus, andersins mooi weer en warm, buiten in die suide waar dit koel sal wees, en die noordweste waar dit warm sal wees. Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk suid tot suidoos waai.

* Kimberley: 09 °C tot 28 °C

* Upington: 13 °C tot 31 °C

Wes-Kaap

Bewolk langs die Suidkus en omliggende binneland, met mooi, maar koel weer later. Die wind langs die kus sal wes tot noordwes waai in die oggend, maar later suid-oos draai. Dit sal sterker raak in die Kaappunt-omgewing teen die namiddag.

* Kaapstad: 14 °C tot 21 °C

* George: 13 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk langs die kus wees, maar oggend- en namiddag-mis word langs die platorand verwag. Die wind langs die kus sal lig tot matig suidwes waai.

In die oostelike dele van die Oos-Kaap is dit bewolk met ligte reën en mis in plekke suid van die platorand. Die wind sal lig tot matig suidwes waai.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 21 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Mooi weer in die weste, maar dit sal later gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm word. Die wind langs die kus sal matig noord tot noordoos vanaf Richardsbaai waai.

* Durban: 20 °C tot 24 °C

* Richardsbaai: 20 °C tot 25 °C

* Pietermaritzburg: 11 °C tot 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.