Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Daar is geen waarskuwings van die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir Donderdag nie.

Gauteng

Mooiweer en warm.

In Pretoria is die minimum temperatuur 10 °C en die maksimum 25 °C, in Johannesburg 9 °C en 24 °C en in Vereeniging 8 °C en 24 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en koel tot warm.

In Mbombela is die minimum temperatuur 13 °C en die maksimum 28 °C.

Limpopo

Mooiweer en warm.

In Polokwane is die minimum temperatuur 9 °C en die maksimum 27 °C.

Noordwes

Mooiweer en koel tot warm. Dit sal gedeeltelik bewolk word teen die middag.

In Mahikeng is die minimum temperatuur 8 °C en die maksimum 25 °C en in Vryburg 7 °C en 24 °C.

Vrystaat

Mooiweer en koel. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk word.

In Bloemfontein is die oggendtemperatuur 6 °C. Dit styg tot 22 °C.

Noord-Kaap

In die noordelike dele sal dit gedeeltelik bewolk wees, andersins mooiweer en warm, maar koud langs die kus en suidelike binneland.

Kimberley se minimum temperatuur is 10 °C en die maksimum 25 °C en dié van Upington is 10 °C en 26 °C.

Wes-Kaap

Langs die suidkus sal dit bewolk en mistig wees. Dit sal oor plekke in die Bredevallei bewolk word, andersins mooiweer en koel. Teen die aand sal dit bewolk word oor die suidkus.

In Kaapstad is die minimum temperatuur 12 °C en die maksimum 20 °C en in George is dit 9 °C en 19 °C.

Oos-Kaap

In die westelike helfte van die provinsie sal dit mooiweer en koel wees. Dit sal in die oggend gedeeltelik bewolk wees oor plekke langs die kus.

Koel en mooiweer word voorspel vir die oostelike dele. In die suidwestelike dele sal dit gedeeltelik bewolk wees, waarna dit teen die aand oortrokke sal word.

In Port Elizabeth is die minimum temperatuur 7 °C en die maksimum 21 °C en in Oos-Londen 9 °C en 21 °C.

KwaZulu-Natal

Misweer oor die oostelike binneland, andersins mooiweer en warm tot koel in die suidweste. In die ooste sal dit teen laatmiddag gedeeltelik bewolk word.

In Durban styg die kwik van 14 °C tot 25 °C, terwyl dit in Richardsbaai van 15 °C tot 27 °C sal wissel. In Pietermaritzburg sal die minimum temperatuur 9 °C tot 25 °C styg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.