Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Geen waarskuwings is vir Donderdag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik nie.

Gauteng

Mooiweer en koel.

Pretoria: 6 °C tot 20 °C

Johannesburg: 4 °C tot 18 °C

Vereeniging: 1 °C tot 17 °C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met mis in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koud tot koel.

Mbombela/Nelspruit: 9 °C tot 22 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk in die ooste met mis op die platorand in die oggend, andersins mooiweer en koel tot warm.

Polokwane: 8 °C tot 23 °C

Noordwes

Mooiweer en koel, maar koud in die verre suidweste.

Mahikeng: 4 °C tot 21 °C

Vryburg: 1 °C tot 18 °C

Vrystaat

Bewolk met oggendmiskolle en ligte reën in die verre ooste, andersins mooiweer en koud, maar koel in die verre noordooste. Dit sal gedeeltelik bewolk wees in die ooste met aanvanklik mistige toestande.

Bloemfontein: 1 °C tot 15 °C

Noord-Kaap

Oggendmiskolle in die verre suide waar dit baie koud sal wees, andersins mooiweer en koud, maar koel in die noordweste en verre noorde.

Die wind langs die kus sal taamlik sterk tot sterk suidoos waai.

Kimberley: 1 °C tot 16 °C

Upington: 2 °C tot 19 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk in die oostelike en suidwestelike dele in die oggend, andersins mooiweer en koud, maar koel langs die weskus. Die wind langs die kus sal noord van Kaap Columbine taamlik sterk suidoos waai. Dit sal lig noordwes langs die suidkus waai en later noordoos.

Kaapstad: 9 °C tot 16 °C

George: 5 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

Dit sal bewolk in die westelike dele wees met mis op plekke in die binneland in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koud, maar mooiweer in die namiddag. Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk wes waai.

In die oostelike dele sal dit bewolk wees met mis in die noorde, andersins bewolk en koud, met enkele buie en reën in die oggend. Dit word gedeeltelik bewolk in die namiddag. Dit sal baie koud wees op plekke in die noorde. Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk suidwes waai, maar sterk in plekke in die vroeë oggend.

Port Elizabeth: 10 °C tot 16 °C

Oos-Londen: 13 °C tot 17 °C 

KwaZulu-Natal

Bewolk en koel, maar koud in die suidweste met enkele buie in die oggend en namiddag. Die wind langs die kus sal taamlik sterk tot sterk suidwes waai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.