Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat uiters hoë brandgevaarstoestande vir Donderdag oor die verre suidoostelike dele van die Noord-Kaap, Sentraal-Karoo en die noordelike binneland van die Oos-Kaap verwag word.

Gauteng

Mooiweer en warm in die noorde, andersins koel. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur vir Pretoria is 6 °C en 24 °C, in Johannesburg 4 °C en 22 °C en in Vereeniging 0 °C en 21 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en koel, maar warm in die Laeveld. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Mbombela is 12 °C en 27 °C.

Limpopo

Mooiweer en warm. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Polokwane is 4 °C en 25 °C.

Noordwes

Mooiweer en koel tot warm. Die minimum en maksimum temperatuur in Mahikeng is 5 °C en 25 °C en in Vryburg 4 °C en 25 °C.

Vrystaat

Mooiweer en koel. In Bloemfontein is die verwagte minimum en maksimum 1 °C en 22 °C.

Noord-Kaap

Mooiweer en koel, maar warm in die noorde. Bewolk langs die kus aanvanklik, andersins mooiweer en koel en gedeeltelik bewolk in die middag. Dit sal baie warm wees oor die noordelike binneland. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Kimberley is 4 °C en 27 °C en in Upington 6 °C en 26 °C.

Wes-Kaap

Winderig en koel tot warm in die oostelike dele, andersins bewolk en koud in die suidweste met reën van laatoggend wat versprei na die Weskus, Kaapse Wynland en Overberg teen die middag. Die minimum en maksimum temperatuur in Kaapstad is 13 °C en 16 °C en in George 10 °C en 24 °C.

Oos-Kaap

In die westelike deel van die Oos-Kaap sal dit mooiweer en warm wees en koeler raak in die suidweste in die middag. In die oostelike deel van die provinsie sal dit mooiweer en warm wees, maar koeler in die noorde. Die minimum en maksimum temperatuur in Port Elizabeth is 10 °C en 24 °C en Oos-Londen is 12 °C en 25 °C.

KwaZulu-Natal

Mooiweer en warm, maar koel in die weste. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Durban is 13 °C en 26 °C, in Richardsbaai 16 °C en 28 °C en in Pietermaritzburg 6 °C en 27 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.