Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwing vir Donderdag uitgereik nie.

Gauteng

Mooiweer en warm. In Pretoria styg die kwik van 9 °C tot 26 °C, in Johannesburg van 8 °C tot 25 °C en in Vereeniging van 5 °C tot 24 °C.

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met oggendreën en miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die Laeveld. In Mbombela is die minimum temperatuur 12 °C en die maksimum 19 °C.

Limpopo

Bewolk in die ooste met oggendreën en miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Die oggendtemperatuur in Polokwane is 8 °C en sal mettertyd styg tot 22 °C.

Noordwes

Mooiweer en warm.

In Mahikeng is die minimum temperatuur 12 °C en die maksimum 27 °C, en in Vryburg 8 °C en 29 °C.

Vrystaat

Mooiweer en warm, maar koel in die ooste.

In Bloemfontein styg die kwik van 3 °C tot 26 °C.

Noord-Kaap

Mooiweer en koel tot warm, maar warm langs die kusstreke. Die wind langs die kus sal matig suid tot suidoos waai. In Kimberley is die oggendtemperatuur 4 °C en dit styg tot 28 °C en in Upington styg dit van 9 °C tot

31 °C.

Wes-Kaap

Oggendmis op plekke in die suidweste en suide, andersins mooiweer en koel tot warm, terwyl dit bewolk sal wees op plekke langs die suidkus in die aand. Die wind langs die kus sal lig noord- en noordwes waai. In Kaapstad styg die kwik van 12 °C tot 21 °C en in George van 9 °C tot 23 °C.

Oos-Kaap

In die westelike dele van die provinsie sal dit bewolk met miskolle suid van die platorand wees, andersins mooiweer en warm, maar koel langs die kus.

Die wind langs die kus sal lig tot matig in ’n noordelike rigting waai.

In die oostelike dele sal dit ook bewolk wees met miskolle in die oggend, andersins mooiweer en warm, maar koel in die noorde en plekke langs die kus. Port Elizabeth se temperatuur sal styg van 8 °C tot 24 °C en in Oos-Londen van 9 °C tot 24 °C.

KwaZulu-Natal

Miskolle sal in die oggend oor die westelike binneland voorkom, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm op plekke in die ooste. Die wind langs die kus sal matig suidwes waai. In Durban is die minimum temperatuur 14 °C en die maksimum 27 °C, in Richardsbaai 16 °C en 26 °C, en in Pietermaritzburg 10 °C en 25 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.