Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Donderdag oor die noordelike dele van die Oos-Kaap, die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Noordwes en Gauteng, die westelike dele van KwaZulu-Natal, die suidelike dele van Mpumalanga en die suidwestelike dele van Limpopo.

Stormsterk weste- tot noordwestewinde van 62 km/h tot 70 km/h word in die aand verwag langs die kusgebiede tussen Kaappunt en Kaap Agulhas in die Wes-Kaap.

Swaar reën wat kan lei tot gelokaliseerde vloede word verwag in plekke op die Kaapse Wynland en Kaapse metropool in die Wes-Kaap.

Sterk binnelandse winde van 50 km/h tot 60 km/h word oor die suidelike dele van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap en die Sentraal-Karoo en die Breederiviervallei in die Wes-Kaap verwag.

Gauteng

Sonnig, winderig en warm.

* Pretoria: 11 °C tot 30 °C

* Johannesburg: 10 °C tot 29 °C

* Vereeniging: 7 °C tot 28 °C

Mpumalanga

Oggend-miskolle in die ooste, andersins sonnig en warm, maar baie warm in die Laeveld. Dit sal winderig wees oor die westelike gebiede.

* Mbombela: 10 °C tot 27 °C

Limpopo

Sonnig en warm.

* Polokwane: 9 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig, winderig en warm tot baie warm.

* Mahikeng: 9 °C tot 32 °C

* Vryburg: 6 °C tot 32 °C

Vrystaat

Sonnig, winderig en warm, maar dit sal gedeeltelik bewolk raak oor die verre westelike dele in die aand.

* Bloemfontein: 6 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm in die noorde en die ooste, andersins bewolk en koel tot koud met geïsoleerde buie en reën in die weste wat laatmiddag na die sentrale dele sal uitbrei, maar verspreid in die suidweste sal voorkom. Op plekke sal dit winderig wees.

* Kimberley: 9 °C tot 31 °C

* Upington: 10 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Bewolk, winderig en koel tot koud met verspreide buie en reën wat laatmiddag na die oostelike dele sal uitbrei, maar wydverspreid in die suidweste sal voorkom.

* Kaapstad: 14 °C tot 16 °C

* George: 13 °C tot 19 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike deel van die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk, winderig en warm wees, maar koel langs die kus met geïsoleerde buie noord van Willowmore in die laatmiddag wat in die aand na die kus sal versprei.

Oor die oostelike deel van die provinsie sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met geïsoleerde buie suid van die Winterberg in die aand. Dit sal winderig wees oor die noordelike binneland.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 23 °C

* Oos-Londen: 14 °C tot 25 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmis oor die oostelike binneland, andersins sonnig en warm, maar baie warm oor die binneland.

* Durban: 14 °C tot 28 °C

* Richardsbaai: 16 °C tot 31 °C

* Pietermaritzburg: 8 °C tot 35 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.