Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Waarskuwings van ’n ekstreme hoë brandgevaar oor die noordoostelike dele van die Noord-Kaap en die noordoostelike dele van Noordwes (Bojanala-platinum-distrik).

Swaar donderstorms word oor die westelike hoëveld van Mpumalanga, die suidwestelike bosveld van Limpopo en die noordelike en oostelike dele van Gauteng verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderstorms in die namiddag.

* Pretoria: 16 °C tot 32 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 30 °C

* Vereeniging: 11 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Bewolk met oggendmis, andersins gedeeltelik bewolk en koel en koud langs die platorand met verspreide reënbuie en donderstorms.

* Mbombela: 15 °C tot 19 °C

Limpopo

Bewolk met oggendmis, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Limpopovallei en die suidwestelike Bosveld met geïsoleerde reënbuie en verspreide donderstorms in die suidweste.

* Polokwane: 15 °C tot 24 °C

Noordwes

Mooiweer en warm, waarna dit gedeeltelik bewolk en baie warm word met geïsoleerde donderstorms in die ooste.

* Mahikeng: 15 °C tot 35 °C

* Vryburg: 9 °C tot 32 °C

Vrystaat

Miskolle in die ooste vroegoggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderstorms in die ooste.

* Bloemfontein: 8 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Koel in die suide, andersins mooiweer en warm. Die wind langs die kus sal sterk suidoos waai.

* Kimberley: 7 °C tot 27 °C

* Upington: 10 °C tot 30 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins mooiweer en koel, maar warm aan die Weskus. Die wind langs die kus sal matig tot sterk in die ooste langs die suidkus wees, andersins sterk in die suidweste.

* Kaapstad: 12 °C tot 20 °C

* George: 9 °C tot 20 °C

Oos-Kaap:

Gedeeltelik bewolk en koel met ligte geïsoleerde reënbuie en reën langs die kus in die oggend. Die wind langs die kus sal matig suidoos waai.

* Port-Elizabeth: 12 °C tot 18 °C

* Oos-Londen: 6 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmis oor die binneland, andersins bewolk en koud met geïsoleerde reënbuie, maar verspreid in die ooste waar dit koel sal wees. Die wind langs die kus sal fris tot sterk suid tot suidwes waai en matig teen die aand.

* Durban: 16 °C tot 18 °C

* Richardsbaai: 17 °C tot 20 °C

* Pietermaritzburg: 11 °C tot 15 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.