SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Noord-Kapenaars teen toestande wat bevorderlik is vir die ontstaan van veldbrande, veral oor die westelike binneland van die provinsie.

Gauteng

Dit sal gedeeltelik bewolk in die oggend wees met verspreide reënbuie en donderstorms. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk en warm word met geïsoleerde donderstorms op plekke.

* Pretoria: 16 °C tot 28 °C

* Johannesburg: 15 °C tot 26 °C

* Vereeninging: 16 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Oggendmis en motreën word langs die platorand verwag. Elders sal dit bewolk en koel tot warm wees met verspreide reënbuie en donderstorms.

* Mbombela: 19 °C tot 25 °C

Limpopo

Langs die platorand sal daar die oggend mis en motreën voorkom. Elders sal dit bewolk en warm wees met verspreide reën- en donderstorms wat plek-plek oor die noordooste sal voorkom.

* Polokwane: 19 °C tot 26 °C

Noordwes

Dit sal bewolk wees in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde reën- en donderstorms wat teen die middag verwag word.

* Mahikeng: 19 °C tot 32 °C

* Vryburg: 17 °C tot 32 °C

Vrystaat

Dit sal aanvanklik bewolk wees in die ooste, andersins sonnig en warm. Teen die middag sal dit bewolk raak terwyl geïsoleerde donderstorms oor die mees oostelike en noordelike dele van die provinsie sal uitsak.

* Bloemfontein: 12 °C tot 28 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk in die weste, andersins sonnig en warm tot baie warm. Dit sal uitermatig warm wees in die noorde. Teen die middag sal dit bewolk raak in die noordooste.

* Upington: 16 °C tot 35 °C

* Kimberley: 14 °C tot 30 °C

Wes-Kaap

Dit sal bewolk langs die suid- en suidwestelike kus wees, waar dit koel sal wees op plekke. Elders sal dit sonnig en warm wees en baie warm in die aangrensende binneland.

* Kaapstad: 15 °C tot 23 °C

* George: 12 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

Sonnige en warm weer kan verwag word op plekke in die westelike dele van die provinsie. Teen die aand sal dit oortrokke raak langs die kus.

In die oostelike helfte van die provinsie sal dit sonnig en warm wees, maar later gedeeltelik bewolk raak in die noordooste met geïsoleerde donderstorms in die middag noordoos van Elliot. Mis word teen die aand oor die Winterberg verwag.

* Port Elizabeth: 14 °C tot 22 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk met oggendmis oor die aangrensende binneland met geïsoleerde reënbuie wat verspreid in die noorde sal voorkom. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met reën- en donderstorms wat plek-plek teen die middag oor die binneland kan voorkom.

* Durban: 17 °C tot 25 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 26 °C

* Pietermaritzburg: 14 °C tot 26 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.