Temperature bo 20 °C word oor groot dele van die land verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings vir Donderdag uitgereik nie.
Gauteng
Deels bewolk en warm in die noorde.
* Pretoria: 17 °C tot 32 °C
* Johannesburg: 16 °C tot 28 °C
* Vereeniging: 15 °C tot 26 °C
Mpumalanga
Warm op plekke in die Laeveld, andersins warm en later die dag word dit gedeeltelik bewolk met geïsoleerde donderbuie.
* Mbombela: 19 °C tot 30 °C
* Standerton: 14 °C tot 29 °C
* Ermelo: 13 °C tot 28 °C
Limpopo
Warm tot baie warm op plekke in die noorde. Later die dag word dit gedeeltelik bewolk.
* Polokwane: 16 °C tot 31 °C
* Mokopane: 17 °C tot 34 °C
* Tzaneen: 18 °C tot 34 °C
Noordwes
Warm en dit word gedeeltelik bewolk in die sentrale en oostelike deel.
* Mahikeng: 18 °C tot 31 °C
* Vryburg: 15 °C tot 31 °C
* Rustenburg: 18 °C tot 32 °C
Vrystaat
Deels bewolk. Dit word warm later die dag.
* Bloemfontein: 11 °C tot 31 °C
* Kroonstad: 13 °C tot 29 °C
* Welkom: 14 °C tot 29 °C
Noord-Kaap
Gedeeltelik bewolk met mis langs die kus waar dit koel sal wees, andersins warm en baie warm in die noord-ooste.
* Kimberley: 11 °C tot 32 °C
* Upington: 10 °C tot 37 °C
* Springbok: 16 °C tot 24 °C
Wes-Kaap
Mis langs die noordelike dele van die weskus in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm,
met geïsoleerde reënbuie langs die suidkus en die aangrensende binneland.
* Kaapstad: 15 °C tot 21 °C
* George: 10 °C tot 20 °C
* Worcester: 13 °C tot 23 °C
Oos-Kaap
Bewolk met reën suid van die platorand en langs die kus, andersins gedeeltelik bewolk en koel.
* Port Elizabeth: 16 °C tot 20 °C
* Oos-Londen: 17 °C tot 22 °C
* Graaff-Reinet: 11 °C tot 17 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk en koel en warm in die noorde.
* Durban: 20 °C tot 25 °C
* Richardsbaai: 20 °C tot 27 °C
* Pietermaritzburg: 17 °C tot 24 °C