Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande Donderdag wat tot wegholbrande in die Richtersveld in die Noord-Kaap kan lei.

Ryp word ook Donderdag op plekke oor die noordelike en sentrale binneland van die Oos-Kaap, die Vrystaat, die Hoëveld van Mpumalanga, die westelike dele van KwaZulu-Natal, die suidelike dele van Noord-Kaap, dele van Noordwes asook oor die Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap verwag.

Gauteng

Sonnig en koel met ryp in die oggend op plekke.

• Pretoria: -1 °C tot 19 °C

• Johannesburg: -2 °C tot 18 °C

• Vereeniging: -4 °C tot 18 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk in die verre ooste, andersins sonnig en koud met ryp in die oggend oor die suidelike Hoëveld.

• Mbombela: 5 °C tot 17 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk in die verre ooste, andersins sonnig en koel.

• Polokwane: 2 °C tot 16 °C

Noordwes

Sonnig en koel tot koud met ryp in die oggend op plekke.

• Mahikeng: 0 °C tot 19 °C

• Vryburg: -1 °C tot 18 °C

Vrystaat

Aanvanklik koud met ryp in die oggend op plekke, andersins sonnig en koel.

• Bloemfontein: -4 °C tot 17 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel tot warm met ryp in die oggend oor die suidelike hoogliggende dele waar dit koud sal wees.

• Kimberley: -4 °C tot 19 °C

• Upington: 1 °C tot 19 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel met ryp in die oggend oor die Sentraal-Karoo waar dit koud sal wees.

• Kaapstad: 8 °C tot 21 °C

• George: 6 °C tot 20 °C

Oos-Kaap

Sonnig en koel met koue toestande en gepaardgaande ryp op plekke oor die hoogliggende dele in die oggend.

• Port Elizabeth: 7 °C tot 20 °C

• Oos-Londen: 9 °C tot 20 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die noordooste, andersins sonnig en koel, maar koud met ryp in die oggend in die verre weste.

• Durban: 7 °C tot 21 °C

• Richardsbaai: 10 °C tot 21 °C

• Pietermaritzburg: 2 °C tot 19 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.