Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing vir Donderdag uitgereik oor stormsterk wind van 62 tot 74 km/h tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen. Deinings van tussen ses en sewe meter hoog word by Kaap Columbine en Port Edward in die middag verwag.

Gauteng

Sonnig en koel.

• Pretoria: 6 °C tot 23 °C

• Johannesburg: 6 °C tot 20 °C

• Vereeniging: 2 °C tot 20 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm.

• Mbombela: 13 °C tot 30 °C

Limpopo

Sonnig en warm. Baie warm in die noorde.

• Polokwane: 11 °C tot 27 °C

Noordwes

Sonnig en koel, maar warm in die noordooste.

• Mahikeng: 3 °C tot 23 °C

• Vryburg: -1 °C tot 21 °C

Vrystaat

Sonnig en koel. Koud in die suide en suidooste.

• Bloemfontein: -3 °C tot 19 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk met miskolle in die verre suide en weste, andersins sonnig en koel, maar koud in die suide waar dit ook gedeeltelik bewolk sal wees.

• Kimberley: -2 °C tot 18 °C

• Upington: 1 °C tot 18 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koel tot koud met reënbuie vroegoggend in die suidwestelike dele. Die bewolkte weer sal opklaar oor die oostelike, sentrale en noordelike dele van die Weskus-streek later in die dag.

• Kaapstad: 12 °C tot 16 °C

• George: 9 °C tot 16 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koud met ligte

reën op plekke in die ooste wees, met verspreide buie langs die kusgebied. Sonnige weer later die dag. In die oostelike dele sal dit koel wees langs die kusgebied, andersins sonnig en koud met bewolkte weer op plekke in die weste.

• Port Elizabeth: 12 °C tot 17 °C

• Oos-Londen: 13 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en koel maar warm in die noorde. Gedeeltelik bewolk in die ooste later in die dag.

• Durban: 11 °C tot 24 °C

• Richardsbaai: 12 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 6 °C tot 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.