Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n groot kans op wegholveldbrande in die noordelike dele van die Noord-Kaap Donderdag.
Gauteng
Sonnig en warm.
• Pretoria: 11 °C tot 29 °C
• Johannesburg: 9 °C tot 27 °C
• Vereeniging: 9 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle oor die Hoëveld en langs die platorand, waar dit gedeeltelik bewolk sal wees later die dag, andersins sonnig en koel tot warm.
• Mbombela: 11 °C tot 24 °C
Limpopo
Aanvanklik bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm.
• Polokwane: 8 °C tot 25 °C
Noordwes
Sonnig en warm. Baie warm in die weste.
• Mahikeng: 11 °C tot 29 °C
• Vryburg: 10 °C tot 32 °C
Vrystaat
Sonnig en warm.
• Bloemfontein: 8 °C tot 30 °C
Noord-Kaap
Bewolk langs die kusgebied in die oggend waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm. Baie warm in die noorde.
• Kimberley: 11 °C tot 32 °C
• Upington: 13 °C tot 35 °C
Wes-Kaap
Sonnig en warm oor die weskus, andersins gedeeltelik bewolk en koud tot koel met bewolkte toestande en reën langs die suidkus en die aangrensende binneland.
• Kaapstad: 13 °C tot 19 °C
• George: 12 °C tot 16 °C
Oos-Kaap
In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees met enkele reënbuie langs die kusgebied en die aangrensende binneland.
In die oostelike dele sal dit bewolk en koel wees met enkele buie en motreën op plekke suid van die platorand.
• Port Elizabeth: 13 °C tot 18 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 20 °C
KwaZulu-Natal
Sonnig in die weste, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel. Warm op plekke in die noorde.
• Durban: 15 °C tot 23 °C
• Richardsbaai: 16 °C tot 24 °C
• Pietermaritzburg: 11 °C tot 24 °C