Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is ’n groot kans op wegholbrande Donderdag in die noordelike dele van Noordwes.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm.

• Pretoria: 15 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 12 °C tot 27 °C

• Vereeniging: 10 °C tot 28 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm, maar koel langs die platorand. Dit sal later die dag gedeeltelik bewolk wees met enkele donderbuie wat in die ooste en noorde sal voorkom.

• Mbombela: 15 °C tot 24 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie.

• Polokwane: 14 °C tot 29 °C

Noordwes

Baie warm in die verre noordooste, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later in die verre ooste.

• Mahikeng: 9 °C tot 31 °C

• Vryburg: 6 °C tot 29 °C

Vrystaat

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk in die verre noordooste later in die dag.

• Bloemfontein: 3 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk en koel oor die suidelike dele, andersins sonnig en koel tot warm.

• Kimberley: 3 °C tot 27 °C

• Upington: 5 °C tot 27 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel met mis in die oggend oor die westelike dele.

• Kaapstad: 10 °C tot 19 °C

• George: 8 °C tot 18 °C

Oos-Kaap

Miskolle in die oggend oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar sonnig in die noorde.

• Port Elizabeth: 11 °C tot 19 °C

• Oos-Londen: 14 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Aanvanklik miskolle oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en koel maar warm in die noordweste. Enkele buie en donderbuie word in die middag in die noordooste verwag.

• Durban: 16 °C tot 21 °C

• Richardsbaai: 17 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 9 °C tot 18 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.