Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Donderdag ’n groot kans op wegholbrande in die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, asook die westelike dele van sowel die Vrystaat as Noordwes, die noordelike en noordoostelike dele van die Wes-Kaap asook die sentrale en noordelike dele van die Oos-Kaap.

Gauteng

Sonnig met gedeeltelik bewolkte toestande later in die dag.

• Pretoria: 9 °C tot 30 °C

• Johannesburg: 8 °C tot 27 °C

• Vereeniging: 8 °C tot 28 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot warm. Baie warm in die Laeveld.

• Mbombela: 15 °C tot 28 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm.

• Polokwane: 11 °C tot 29°C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die weste met enkele donderstorms later in die dag.

• Mahikeng: 15 °C tot 31 °C

• Vryburg: 14 °C tot 33 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die weste met enkele donderstorms later in die dag.

• Bloemfontein: 10 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Bewolk langs die kusgebied met mis in die oggend waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm tot baie warm. Bewolk in die weste later die dag.

• Kimberley: 11 °C tot 34 °C

• Upington: 16 °C tot 37 °C

Wes-Kaap

Bewolk met mis op plekke oor die suid-westelike en suidelike kusgebiede in die oggend, andersins sonnig en koel tot warm. Baie warm in die Klein en Sentrale Karoo. Dit sal later die dag gedeeltelik bewolk tot bewolk wees langs die westelike en suidelike kusgebiede.

• Kaapstad: 12 °C tot 21 °C

• George: 10 °C tot 25 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit aanvanklik bewolk wees met mis in die suidooste, andersins sonnig en baie warm, maar koel langs die kusgebied.

In die oostelike dele sal dit aanvanklik bewolk wees met mis op plekke langs die kus en aangrensende binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm.

• Port Elizabeth: 9 °C tot 24 °C

• Oos-Londen: 10 °C tot 28 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en warm. Baie warm in die noorde.

• Durban: 14 °C tot 30 °C

• Richardsbaai: 15 °C tot 33 °C

• Pietermaritzburg: 8 °C tot 34 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.