Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat uiterste weertoestande vir die res van die week oor dele van die land sal voorkom.

Verspreide buie en donderbuie sal na verwagting oor die volgende drie dae in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en die oostelike Hoëveld in Mpumalanga voorkom.

’n Kouefront in die Wes-Kaap sal tot verspreide reënbuie in die suidweste lei, met moontlike vloede in die Overberg en aan die Tuinroete.

Verspreide donderbuie word oor die oostelike dele van Suid-Afrika verwag met die moontlikheid van erge donderstorms oor die noordoostelike binneland (Gauteng, die westelike Bosveld in Limpopo, Mpumalanga en die oostelike dele van Noordwes).

Toestande vir wegholbrande word oor die sentrale en noordelike binneland verwag. Donderbuie sal Donderdag sowel as Vrydag in die ooste van die land voorkom met die moontlikheid van stormweer.

Sterk winde word langs die kusgebiede verwag met ’n waarskuwing van seedeinings van tussen 5 m en 6 m.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk met buie in die oggend, andersins bewolk en koel met donderbuie later die dag.

• Pretoria: 13 °C tot 25 °C

• Johannesburg: 13 °C tot 21 °C

• Vereeniging: 12 °C tot 23 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel met enkele buie en gedeeltelik bewolkte toestande oor die Laeveld, waar dit warm sal wees. Verspreide donderbuie word later die dag oor die suidooste verwag.

• Mbombela: 14 °C tot 26 °C

Limpopo

Bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie. Verspreide donderbuie sal later die dag in die suide voorkom.

• Polokwane: 15 °C tot 24 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie in die weste.

• Mahikeng: 14 °C tot 29 °C

• Vryburg: 7 °C tot 30 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie in die weste.

• Bloemfontein: 4 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel maar koud in die suide in die oggend met ryp. Warm in die noordooste.

• Kimberley: 8 °C tot 30 °C

• Upington: 6 °C tot 22 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik sonnig in die weste en die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en koel maar koud in die suidweste met reën later die dag wat later na die suidooste versprei.

• Kaapstad: 12 °C tot 15 °C

• George: 9 °C tot 14 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees met ligte buie suid van die Darlingtondam, wat later die dag noordwaarts versprei.

In die oostelike dele sal dit bewolk wees met verspreide donderbuie.

• Port Elizabeth: 9 °C tot 16 °C

• Oos-Londen: 11 °C tot 16 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en koel. Bewolk later die dag met verspreide donderbuie.

• Durban: 15 °C tot 25 °C

• Richardsbaai: 16 °C tot 25 °C

• Pietermaritzburg: 9 °C tot 25 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.