Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing vir Donderdag uitgereik oor toestande wat tot wegholveldbrande in die Noord-Kaap, die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes kan lei.

Baie warm toestande word ook Donderdag in die Kamiesberg-munisipaliteit in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap, asook die gebiede Matzikama, Sederberg en Bergrivier in die Wes-Kaap verwag.

Gauteng

Sonnig, maar gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

• Pretoria: 15 °C tot 31 °C

• Johannesburg: 13 °C tot 29 °C

• Vereeniging: 13 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Bewolk in die oggend in die ooste met miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie oor die Hoëveld.

• Mbombela: 16 °C tot 25 °C

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Sonnig in die weste waar dit op plekke baie warm sal wees.

• Polokwane: 15 °C tot 29 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie in die ooste.

• Mahikeng: 16 °C tot 33 °C

• Vryburg: 15 °C tot 36 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie.

• Bloemfontein: 11 °C tot 32 °C

Noord-Kaap

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie oor die sentrale en suidoostelike dele.

• Kimberley: 17 °C tot 37 °C

• Upington: 20 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Mistig in die oggend langs die suidkus, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm oor die noordwestelike binneland. Warm in die suidwestelike en suidelike kusgebiede.

• Kaapstad: 14 °C tot 29 °C

• George: 10 °C tot 26 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit warm wees op plekke langs die kusgebied, andersins sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die noorde later die dag.

In die oostelike dele sal dit warm wees op plekke langs die kusgebied en die aangrensende binneland, andersins sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die noorde en op plekke langs die platorand.

• Port Elizabeth: 11 °C tot 25 °C

• Oos-Londen: 12 °C tot 25 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die weste later die dag.

• Durban: 16 °C tot 26 °C

• Richardsbaai: 17 °C tot 28 °C

• Pietermaritzburg: 12 °C tot 28 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.