Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor hewige donderstorms met stormsterk wind en hael wat Donderdag tot oorstromings in die noordelike dele van KwaZulu-Natal en die ooste van Mpumalanga kan lei.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.
• Pretoria: 15 °C tot 32 °C
• Johannesburg: 15 °C tot 32 °C
• Vereeniging: 16 °C tot 32 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Baie warm in die Laeveld.
• Mbombela: 20 °C tot 30 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie oor die suidelike dele en die westelike Bosveld.
• Polokwane: 20 °C tot 33 °C
Noordwes
Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die oostelike dele.
• Mahikeng: 15 °C tot 34 °C
• Vryburg: 16 °C tot 36 °C
Vrystaat
Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die ooste met enkele donderbuie later die dag.
• Bloemfontein: 13 °C tot 32 °C
Noord-Kaap
Gedeeltelik bewolk in die suide, andersins sonnig en warm. Baie warm in die noorde.
• Kimberley: 13 °C tot 31 °C
• Upington: 17 °C tot 33 °C
Wes-Kaap
Gedeeltelik bewolk tot bewolk in die weste in die oggend maar later sonnig en koel tot warm. Aanvanklik bewolk met reën en donderbuie in die ooste en langs die suidkus en die aangrensende binneland later die dag.
• Kaapstad: 16 °C tot 23 °C
• George: 14 °C tot 21 °C
Oos-Kaap
In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees met enkele reënbuie.
In die ooste sal dit bewolk en koel wees met verspreide reënbuie. Gedeeltelik bewolk met enkele reënbuie in die noordweste.
• Port Elizabeth: 15 °C tot 21 °C
• Oos-Londen: 17 °C tot 21 °C
KwaZulu-Natal
Bewolk en koel, maar koud in die suidweste met verspreide donderbuie.
• Durban: 18 °C tot 22 °C
• Richardsbaai: 20 °C tot 24 °C
• Pietermaritzburg: 16 °C tot 19 °C