Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderstorms gepaardgaande met stormwind en hael Donderdag strukturele skade kan aanrig in die suidelike Hoëveld van Mpumalanga sowel as die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal.
Gauteng
Aanvanklik bewolk met ’n skraal kans op buie in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie later die dag.
• Pretoria: 16 °C tot 27 °C
• Johannesburg: 14 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 14 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en warm tot koel met enkele donderbuie wat meer verspreid in die suidweste sal voorkom.
• Mbombela: 18 °C tot 28 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Polokwane: 17 °C tot 26 °C
Noordwes
Sonnig in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderbuie in die middag wat meer verspreid in die verre oostelike dele sal voorkom.
• Mahikeng: 17 °C tot 29 °C
• Vryburg: 15 °C tot 35 °C
Vrystaat
Sonnig in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderbuie wat meer verspreid in die verre oostelike dele sal voorkom.
• Bloemfontein: 10 °C tot 30 °C
Noord-Kaap
Bewolk tot gedeeltelik bewolk in die verre westelike dele, andersins sonnig en koel tot warm.
• Kimberley: 13 °C tot 31 °C
• Upington: 16 °C tot 33 °C
Wes-Kaap
Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Sonnig oor die binneland en die Weskus later die dag.
• Kaapstad: 14 °C tot 21 °C
• George: 14 °C tot 21 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Bewolk en koel in die suide.
In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk wees, andersins bewolk en koel met enkele donderbuie en reën suid van die platorand.
• Port Elizabeth: 13 °C tot 22 °C
• Oos-Londen: 14 °C tot 23 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk met tye, andersins bewolk en warm. Koel op plekke in die suide. Enkele donderbuie word verwag wat meer verspreid in die noordweste sal voorkom.
• Durban: 18 °C tot 26 °C
• Richardsbaai: 19 °C tot 28 °C
• Pietermaritzburg: 15 °C tot 27 °C