Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor sterk wind Donderdag wat moontlik probleme met navigasie op see tussen Lambertsbaai en Bettysbaai in die Wes-Kaap kan veroorsaak. Weerstoestande kan ook Donderdag tot wegholbrande in sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, die Kaapse metropool en die Weskus-distrik, die verre westelike dele van die Wes-Kaap, Noordwes en die westelike dele van die Vrystaat lei.
Gauteng
Bewolk en koel. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die verre suide later die dag.
• Pretoria: 13 °C tot 24 °C
• Johannesburg: 10 °C tot 21 °C
• Vereeniging: 10 °C tot 24 °C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend met mis en motreën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele donderbuie.
• Mbombela: 15 °C tot 21 °C
Limpopo
Bewolk en koel tot warm met motreën en mis in die oggend oor die platorand.
• Polokwane: 16 °C tot 23 °C
Noordwes
Bewolk in die oggend in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie oor die sentrale dele.
• Mahikeng: 15 °C tot 27 °C
• Vryburg: 16 °C tot 33 °C
Vrystaat
Aanvanklik bewolk in die ooste. Enkele donderbuie sal in die middag voorkom, andersins sonnig en warm tot baie warm.
• Bloemfontein: 11 °C tot 29 °C
Noord-Kaap
Sonnig en warm tot baie warm. Koel langs die kusgebied en die suidelike hoogliggende dele. Baie warm in die noorde.
• Kimberley: 15 °C tot 32 °C
• Upington: 20 °C tot 36 °C
Wes-Kaap
Bewolk en koel langs die suidelike kusgebied, andersins sonnig en warm tot baie warm.
• Kaapstad: 16 °C tot 23 °C
• George: 11 °C tot 22 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit gedeeltelik bewolk en warm maar koel langs die kusgebied wees.
In die ooste sal dit bewolk wees suid van die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele donderbuie, wat meer verspreid in die noordooste sal voorkom.
• Port Elizabeth: 14 °C tot 21 °C
• Oos-Londen: 13 °C tot 22 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk en koel maar warm in die noorde. Bewolk later die dag met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie in die noordooste.
• Durban: 17 °C tot 22 °C
• Richardsbaai: 17 °C tot 25 °C
• Pietermaritzburg: 13 °C tot 26 °C