Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor swaar reënval wat kan lei tot vloede en oorstromings in die suidwestelike gedeeltes van Limpopo.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.
• Pretoria: 16 °C tot 24 °C
• Johannesburg: 14 °C tot 23 °C
• Vereeniging: 15 °C tot 24 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Mbombela: 20 °C tot 22 °C
Limpopo
Bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie.
• Polokwane: 17 °C tot 25 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele buie en donderbuie in die namiddag.
• Mahikeng: 19 °C tot 31 °C
• Vryburg: 21 °C tot 31 °C
Vrystaat
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie.
• Bloemfontein: 16 °C tot 29 °C
Noord-Kaap
Mooiweer.
• Kimberley: 18 °C tot 30 °C
• Upington: 23 °C tot 34 °C
Wes-Kaap
Bewolk tot gedeeltelik bewolk langs die suidkus en oor die binneland in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm in die Karoo en Klein-Karoo. ’n Matige tot fris suidelike tot suidoostewind by tye langs die Weskus.
• Kaapstad: 18 °C tot 30 °C
• George: 17 °C tot 28 °C
Oos-Kaap
In die weste word bewolkte weer op plekke die oggend verwag, andersins sonnig en warm tot baie warm. Matige tot fris oostewind aan die kus.
In die ooste word bewolkte en warm weer verwag met enkele buie en donderbuie. Matige tot fris noordoostewind langs die kus.
• Port Elizabeth: 18 °C tot 28 °C
• Oos-Londen: 19 °C tot 25 °C
KwaZulu-Natal
Miskolle die oggend oor die binneland, andersins bewolk en koel maar warm.
• Durban: 20 °C tot 26 °C
• Richardsbaai: 21 °C tot 30 °C
• Pietermaritzburg: 16 °C tot 24 °C