Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n ernstige waarskuwing uitgereik teen hewige donderbuie met haelbuie en sterk suidwestelike winde met neerslae wat kan lei tot skade aan infrastruktuur in KwaZulu-Natal, die noordelike binneland van die Oos-Kaap, die suidelike Vrystaat en die suidoostelike dele van die Noord-Kaap.
Gauteng
Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die suidweste.
• Pretoria: 18 °C tot 28 °C
• Johannesburg: 17 °C tot 27 °C
• Vereeniging: 17 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Bewolk in die ooste met oggendmis langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Laeveld.
• Mbombela: 20 °C tot 29 °C
• Standerton: 17 °C tot 25 °C
• Ermelo: 16 °C tot 26 °C
Limpopo
Bewolk in die oggend met miskolle langs die suidelike platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie.
• Polokwane: 19 °C tot 28 °C
• Mokopane: 21 °C tot 29 °C
• Tzaneen: 19 °C tot 29 °C
Noordwes
Bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie, en enkele buie in die verre ooste.
• Mahikeng: 17 °C tot 27 °C
• Vryburg: 19 °C tot 27 °C
• Rustenburg: 19 °C tot 28 °C
Vrystaat
Bewolk en koel tot warm met verspreide buie en donderbuie, maar enkele buie in die verre ooste.
• Bloemfontein: 19 °C tot 25 °C
• Kroonstad: 18 °C tot 26 °C
• Sasolburg: 18 °C tot 26 °C
Noord-Kaap
Oggend-miskolle langs die kus waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die ooste.
Wind langs die kus: lig tot matig noordwes.
• Kimberley: 19 °C tot 28 °C
• Upington: 24 °C tot 30 °C
• Springbok: 22 °C tot 31 °C
Wes-Kaap
Oggend-miskolle langs die Weskus, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar bloedig warm in plekke in die binneland. Enkele buie en donderbuie word verwag in die sentrale en oostelike dele.
Wind langs die kus: matig noordwes langs die Weskus, andersins matig tot taamlik sterk oos tot suidoos.
• Kaapstad: 22 °C tot 32 °C
• George: 19 °C tot 27 °C
• Worcester: 22 °C tot 36 °C
Oos-Kaap
Ligte reën langs die kus en aangrensende gebied in die oggend waar dit warm sal wees, andersins bewolk en baie warm met verspreide buie en donderbuie.
Wind langs die kus: taamlik sterk tot sterk oos.
• Port Elizabeth: 21 °C tot 28 °C
• Oos-Londen: 22 °C tot 28 °C
• Graaff-Reinet: 19 °C tot 35 °C
KwaZulu-Natal
Oggend-miskolle in die binneland, andersins bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die suide, maar verspreid in die verre suidweste.
Wind langs die kus: matig tot taamlik sterk oos tot noordoos.
• Durban: 23 °C tot 30 °C
• Richardsbaai: 23 °C tot 32 °C
• Pietermaritzburg: 19 °C tot 31 °C