Toestande Donderdag is gunstig vir wegholveldbrande in die Weskus-distrik en die binneland van die Wes-Kaap, asook die suidelike dele van die Namakwa-distrik, Kareeberg en die Kai! Garib-munisipaliteite in die Noord-Kaap, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
’n Waarskuwing is ook uitgereik vir Donderdag oor die moontlikheid van ’n hittegolf in die westelike binneland van die Oos-Kaap, wat na verwagting tot Saterdag sal duur.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm, baie warm in die noorde.
• Pretoria: 17 °C tot 32 °C
• Johannesburg: 16 °C tot 29 °C
• Vereeniging: 16 °C tot 30 °C
Mpumalanga
Aanvanklik bewolk, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Baie warm in die Laeveld.
• Mbombela: 19 °C tot 30 °C
Limpopo
Bewolk in die oggend met enkele buie oor die Limpopovallei, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.
• Polokwane: 19 °C tot 30 °C
Noordwes
Sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.
• Mahikeng: 19 °C tot 32 °C
• Vryburg: 23 °C tot 33 °C
Vrystaat
Aanvanklik sonnig, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderbuie in die oostelike dele later die dag.
• Bloemfontein: 19 °C tot 34 °C
Noord-Kaap
Sonnig en baie warm tot uitermatig warm. Gedeeltelik bewolk later die dag in die verre suidweste.
• Kimberley: 20 °C tot 34 °C
• Upington: 24 °C tot 38 °C
Wes-Kaap
Aanvanklik gedeeltelik bewolk in die ooste sowel as die suidooste, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm op plekke in die binneland. Bewolk en koel later die dag langs die suidkus.
• Kaapstad: 19 °C tot 30 °C
• George: 16 °C tot 25 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit in die oggend gedeeltelik bewolk en warm wees langs die platorand, andersins sonnig en warm tot baie warm. In die ooste sal dit bewolk en koel wees in die oggend met mis en motreën suid van die platorand, andersins sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk wees met enkele buie langs die KwaZulu-Natalse grens.
• Port Elizabeth: 17 °C tot 26 °C
• Oos-Londen: 20 °C tot 26 °C
KwaZulu-Natal
Mistig in die oggend oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Baie warm in die noorde. Enkele donderbuie word oor die suidwestelike dele verwag.
• Durban: 21 °C tot 27 °C
• Richardsbaai: 23 °C tot 30 °C
• Pietermaritzburg: 17 °C tot 30 °C