Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n hittegolf met buitegewone warm toestande wat Donderdag in die verre westelike dele van die Noord-Kaap en die verre westelike dele van die Wes-Kaap verwag word.

Gauteng

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.

• Pretoria: 15 °C tot 30 °C

• Johannesburg: 14 °C tot 28 °C

• Vereeniging: 11 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Miskolle oor die platorand in die oggend, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met mistige toestande in die ooste en motreën oornag in die suidelike platorand.

• Mbombela: 14 °C tot 29 °C

Limpopo

Miskolle in die oggend oor die platorand, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.

• Polokwane: 12 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig en warm.

• Mahikeng: 14 °C tot 30 °C

• Vryburg: 15 °C tot 31 °C

Vrystaat

Sonnig en warm.

• Bloemfontein: 13 °C tot 29 °C

Noord-Kaap

Sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm in die suidweste. Gedeeltelik bewolk oor die binneland later die dag.

• Kimberley: 14 °C tot 32 °C

• Upington: 18 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel met mis vroegoggend oor die Suidkus en ligte motreën later die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm in die binneland. Uitermatig warm langs die Weskus.

• Kaapstad: 19 °C tot 28 °C

• George: 13 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit bewolk wees met mis op plekke andersins sonnig en koel maar warm in die binneland. Bewolk later die dag met reën langs die kusgebied.

In die ooste sal dit bewolk wees met mis op plekke suid van die platorand, andersins sonnig en warm. Bewolk langs die kusgebied met reën op plekke.

• Gqeberha: 15 °C tot 22 °C

• Oos-Londen: 16 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk met mis oor die binneland, andersins warm. Uitermatig warm op plekke in die noorde. Bewolk later die dag met enkele donderbuie.

• Durban: 19 °C tot 27 °C

• Richardsbaai: 22 °C tot 31 °C

• Pietermaritzburg: 15 °C tot 29 °C

Meer oor:  Hittegolf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.