Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ontwrigtende reën Donderdag langs die kusgebied en die aangrensende binneland tussen Plettenbergbaai en die Visrivier wat tot oorstromings kan lei.

’n Waarskuwing is ook uitgereik oor sneeu wat tot die verlies van vee en gewasse kan lei in die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, die suidelike binneland van Namakwaland in die Noord-Kaap sowel as in die suide van die Vrystaat.

Stormsterk wind word Donderdag langs die suidkus verwag. Deinings van 5 tot 7 m hoog, wat navigasie sal bemoeilik, word tussen Saldanhabaai en Plettenbergbaai verwag.

Gauteng

Sonnig en koud tot baie koud.

• Pretoria: 3 °C tot 11 °C

• Johannesburg: 0 °C tot 7 °C

• Vereeniging: -3 °C tot 9 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot koud. Baie koud op plekke in die Hoëveld.

• Mbombela: 6 °C tot 20 °C

Limpopo

Sonnig en koel maar warm in die Laeveld.

• Polokwane: 3 °C tot 16 °C

Noordwes

Sonnig en koud.

• Mahikeng: -4 °C tot 12 °C

• Vryburg: -6 °C tot 11 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk in die suidelike en sentrale dele met ’n kans op ligte reën en sneeu in die oggend, andersins sonnig en baie koud.

• Bloemfontein: -3 °C tot 8 °C

Noord-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koud tot baie koud met enkele tot verspreide reënbuie in die suide wat later die dag in ’n noordwestelike rigting versprei. Sneeu word later die dag oor die suidelike hoogliggende gebiede verwag.

• Kimberley: -4 °C tot 10 °C

• Upington: -2 °C tot 10 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en baie koud tot koud met enkele tot verspreide reënbuie oor die suidkus en die aangrensende binneland in die ooste. Dit sal teen die middag vanuit die weste opklaar. Sneeu word in die oggend oor die hoogliggende gebiede van die Tuinroete verwag.

• Kaapstad: 8 °C tot 12 °C

• George: 5 °C tot 10 °C

Oos-Kaap

Bewolk en baie koud met buie en sneeu.

• Gqeberha: 7 °C tot 11 °C

• Oos-Londen: 8 °C tot 11 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en koud maar koel langs die kusgebied en die noordoostelike dele. Baie koud in die suidwestelike hoogliggende dele.

• Durban: 11 °C tot 18 °C

• Richardsbaai: 12 °C tot 18 °C

• Pietermaritzburg: 4 °C tot 16 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.