Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Maandag se effens hoër temperature moet Suid-Afrikaners nie laat dink die einde van die winter is om die draai nie – die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel vandeesweek nog ’n stewige kouefront wat eers die Wes- en Noord-Kaap en daarna die res van die land sal laat bibber.

Die SAWD waarsku ook teen brandgevaar omdat die koue met sterk wind in die ooste van die Noord-Kaap, die sentrale en Klein-Karoo en die sentrale en westelike dele van die Oos-Kaap gepaard sal gaan.

Gauteng

Mooiweer en koud tot koel.

In Pretoria styg die kwik van 3 °C tot 19 °C, in Johannesburg van 2 °C tot 18 °C en op Vereeniging van 2 °C tot 18 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en koud tot koel.

Op Mbombela is die minimum temperatuur Maandagoggend 7 °C en die maksimum 20 °C. Op Skukuza sal die kwik styg van 3 °C tot 25 °C.

Limpopo

Mooiweer en koel.

Die oggendtemperatuur op Polokwane is 3 °C. Dit styg mettertyd tot 20 °C. Op Tzaneen styg die kwik van 5 °C tot 22 °C.

Noordwes

Winderig op plekke, maar andersins mooiweer en koel.

Op Mahikeng is die minimum temperatuur 4 °C en die maksimum 23 °C, op Vryburg 3 °C en 21 °C en op Rustenburg 2 °C en 19 °C.

Vrystaat

Mooiweer en koel, maar koud teen die Lesotho-grens en in die ooste. Wind word oral, buiten in die sentrale streek, verwag.

In Bloemfontein styg die kwik van 0 °C tot 20 °C en in Welkom van -2 °C tot 20 °C.

Noord-Kaap

Dit sal mistig wees aan die kus, maar anders mooiweer en koel. Wind word verwag. In die noordweste sal dit warm wees en in die suidweste sal dit teen die middag gedeeltelik bewolk word.

Die wind aan die kus sal sterk noordwes waai.

In Kimberley is die oggendtemperatuur 4 °C. Dit styg tot 21 °C later in die dag. Op Upington styg dit van 8 °C tot 24 °C en op Sutherland van -7 °C tot 19 °C.

Wes-Kaap

Maandagmiddag word wind van 50 km/h tot 65 km/h in die binneland verwag. Dit is mooiweer en koel tot warm in die ooste en suide.

Ligte reën kan reeds Maandagmiddag aan die suidweskus verwag word. Swaar reën word vir Dinsdag voorspel.

In die weste sal dit bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel wees, met ’n ligte motreën die middag in die verre suidweste.

’n Sterk noordwestewind word by Kaappunt en Kaap Agulhas verwag.

In Kaapstad styg die kwik van 11 °C tot 15 °C en in George van 5 °C tot 24 °C.

Oos-Kaap

In die ooste sal dit mooiweer en warm wees. In die binneland sal sterk winde waai. Aan die kus sal die wind matig wees.

In die weste is dit warm in in die noorde koel.

Sterk winde word in die westelike binneland verwag, met ligte kuswinde wat teen die middag noordoos aan die Wildekus sal waai.

In Port Elizabeth styg die kwik van 9 °C tot 25 °C en in Oos-Londen van 10 °C tot 26 °C.

KwaZulu-Natal

Mooiweer en warm, maar koel in die suidweste. Noord van Richardsbaai sal die kuswind sterk noordoos waai.

In Durban is die minimum temperatuur 8 °C en die maksimum 25 °C, op Richardsbaai 10 °C en 26 °C en in

Pietermaritzburg 2 °C en 26 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.