Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir stormsterk wind wat Maandag verwag word langs die kus tussen Oesterbaai en Oos-Londen in die Oos-Kaap, asook tussen Port Nolloth en Lüderitz aan die Weskus.

Gauteng

Sonnig en warm. Dit sal koeler in die suide wees en teen die middag gedeeltelik bewolk word.

  • Pretoria: 10 °C en 25 °C
  • Johannesburg: 8 °C en 25 °C
  • Vereeniging: 8 °C en 24 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot warm. Dit sal teen die middag gedeeltelik bewolk raak.

  • Mbombela: 15 °C en 28 °C

Limpopo

Dit sal warm wees in dié provinsie en baie warm oor die Laeveld.

  • Polokwane: 10 °C en 24 °C

Noordwes

Warm en sonnig. Dit sal teen die middag gedeeltelik bewolk raak in die suide van die provinsie.

  • Mahikeng: 10 °C en 28 °C
  • Vryburg: 6 °C en 28 °C

Vrystaat

Sonnig en warm maar koel in die ooste van die provinsie. Dit sal later die dag gedeeltelik bewolk raak.

  • Bloemfontein: 3 °C en 26 °C

Noord-Kaap

Dit sal aanvanklik bewolk en mistig wees langs die kus en oor die suidelike binneland. Andersins koel tot warm.

Dit sal winderig wees op plekke langs die kus, veral noord van Port Nolloth waar ’n stormsterk wind vanaf die middag verwag word.

  • Kimberley: 4 °C en 27 °C
  • Upington: 8 °C en 26 °C

Wes-Kaap

Bewolk in die oggend langs die suidwes- en suidkus wat gepaard sal gaan met ligte reën. Andersins gedeeltelik bewolk en koel. Dit sal koud op plekke in die suidweste wees.

Die wind langs die kus sal matig tot sterk in ’n westelike tot suidwestelike rigting waai, maar in ’n suidelike tot suidoostelike rigting langs die weskus.

  • Kaapstad: 11 °C en 17 °C
  • George: 11 °C en 18 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die provinsie sal dit aanvanklik bewolk wees met enkele reënbuie langs die kus en die aangrensende binneland. Andersins is dit gedeeltelik bewolk en koel tot koud op sekere dele in die weste van die provinsie.

In die ooste van die provinsie sal dit ook gedeeltelik bewolk en koel wees. Die wind langs die kus waai sterk in ’n westelike rigting en sal stormsterkte by Oesterbaai bereik.

  • Port Elizabeth: 13 °C en 20 °C
  • Oos-Londen: 14 °C en 22 °C

KwaZulu-Natal

Dit sal koel tot warm in die noorde wees en gedeeltelik bewolk raak in die middag. Enkele reënbuie kan teen die aand noord van Durban verwag word.

Die wind langs die kus sal eers matig in ’n noordoostelike rigting waai, en later matig in ’n suidwestelike rigting.

  • Durban: 16 °C en 23 °C
  • Richardsbaai: 17 °C en 23 °C
  • Pietermaritzburg: 10 °C en 22 °C
Meer oor:  Weer In Jou Stree
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.