Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag
Ligte reën word Maandag in die Wes-Kaap verwag. Foto: Jaco Marais

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n buitengewoon hoë brandgevaar in die oostelike dele van die Noord-Kaap en die noordwestelike dele van die Oos-Kaap.

Gauteng

Mooiweer en warm.

* Pretoria: 10 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 8 °C tot 26 °C

* Vereeniging: 6 °C tot 26 °C

Mpumalanga

Mooiweer en warm, maar baie warm in die Laeveld.

* Mbombela: 11 °C tot 29 °C

Limpopo

Mooiweer en warm tot baie warm in die Laeveld en in die Limpopo-vallei.

* Polokwane: 8 °C tot 27 °C

Noordwes

Mooiweer en warm.

* Mahikeng: 8 °C tot 29 °C

* Vryburg: 4°C tot 29 °C

Vrystaat

Mooiweer en warm, maar koel in die ooste.

* Bloemfontein: 2 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Bewolk aan die kus met oggendmis, en dit sal hier koel wees, andersins warm, maar koel in die suidelike dele. Die wind aan die kus sal sterk in die suidelike en suidoostelike dele waai.

* Kimberley: 3 °C tot 29 °C

* Upington: 9 °C tot 31 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel tot koud in die oggend met ligte reën langs die suidkus en enkele reënbuie langs die suidwestelike kus in die middag. Die wind langs die kus sal fris tot sterk westelik en suidwestelik waai, maar matig tot sterk langs die Weskus.

* Kaapstad: 11 °C tot 16 °C

* George: 9°C tot 18 °C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die noordooste met enkele reënbuie wat verwag word langs die kus en aangrensende binneland. Die wind langs die kus sal matig tot fris suidwestelik waai.

* Port Elizabeth: 11 °C tot 20 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 23 °

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk langs die kus en die aangrensende binneland, andersins mooiweer en warm, maar koel in die suidooste. Die wind langs die kus sal matig in ’n suidelike tot suidwestelike rigting waai en sal oos tot noordoos by Mandeni teen die middag waai.

* Durban: 14 °C tot 24 °C

* Richardsbaai: 16 °C tot 26 °C

* Pietermaritzburg: 8 °C tot 26 °C

Meer oor:  Maandag  |  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.