Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Saterdag ’n groot gevaar van veldbrande in Noordwes en die noordelike dele van die Vrystaat.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm. Bewolk met geïsoleerde reënbuie teen die middag. * Pretoria: 16 °C tot 32 °C* Johannesburg: 12 °C tot 30 °C* Vereeniging: 13 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk in die ooste met ligte reën en miskolle oor die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en warm.

* Mbombela: 14 °C tot 32 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste met ligte reën en miskolle oor die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde reënbuie in die sentrale en westelike dele teen die middag.

* Polokwane: 12 °C tot 32 °C

Noordwes

Warm in die noordooste, andersins winderig en warm. Gedeeltelik bewolk met geïsoleerde reënbuie in die verre ooste teen die middag.

* Mahikeng: 9 °C tot 33 °C * Vryburg: 8 °C tot 34 °C

Vrystaat

Bewolk met miskolle oor die verre oostelike dele. Andersins sonnig en warm, maar baie warm in die noorde en noordweste. Later is dit gedeeltelik bewolk in die ooste met geïsoleerde reënbuie.

* Bloemfontein: 8 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Sonnig, winderig en koel. Baie warm in dele langs die kus. Gedeeltelik bewolk in die verre ooste.

’n Sterk suidoostewind langs die kus.

* Kimberley: 8 °C tot 29 °C * Upington: 9 °C tot 27 °C

Wes-Kaap

Bewolk langs die suidkus en noordoostelike binneland in die oggend. Andersins sonnig en koel, maar warm in dele oor die binneland. ’n Ligte wind langs die suidkus in die oggend. Andersins ’n matig tot fris suidoostewind, maar sterk langs die westelike en suidwestelike kusgebiede.

* Kaapstad: 13 °C tot 18 °C

* George: 11 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit gedeeltelik bewolk wees en koel tot koud met geïsoleerde reënbuie suid van St. Francisbaai in die oggend. Later kan sonnige weer in die binneland verwag word. Ligte tot matige suidwestewind kuslangs, maar matig tot fris oos van St. Francisbaai.

In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk wees en koud met geïsoleerde reënbuie in die suide aan die kus. Dit sal teen die aand versprei tot in die Wildekus. Teen die middag sal dit sonnig in die noordelike binneland wees. Matig tot fris suidwestewind langs die kus.

* Port Elizabeth: 14 °C tot 19 °C

* Oos-Londen: 14 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmiskolle oor die binneland, andersins bewolk en koel tot koud in die weste. Oggendreën en geïsoleerde reënbuie kan ook verwag word. Fris suidwestewind langs die kus en matig teen die middag.

* Durban: 16 °C tot 23 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 25 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.