Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n waarskuwing uitgereik vir ’n uiters hoë brandgevaar in verskeie gebiede Maandag.

Volgens die SAWD is daar ’n hoë brandgevaar in die noordelike en oostelike dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, die westelike dele van Mpumalanga, Limpopo en die westelike dele van KwaZulu-Natal.

Hittegolftoestande duur Maandag voort in Gauteng, Mpumalanga, die noordelike dele van die Vrystaat, Noordwes en die westelike dele van KwaZulu-Natal.

Verder is daar ’n waarskuwing uitgereik vir stormsterkte wind van sowat 65 km/h tussen Tsitsikama en Koffiebaai in die Oos-Kaap teen Maandagmiddag.

Gauteng

Mooiweer word in die oggend verwag. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Dit sal baie warm in die noorde wees.

• Pretoria: 19 °C en 37 °C

• Johannesburg: 16 °C en 35 °C

• Vereeniging: 14 °C en 35 °C

Mpumalanga

Warm weer word voorspel, maar dit sal baie warm in gedeeltes van die Laeveld wees. In die middag sal dit gedeeltelik bewolk raak met enkele buie en donderbuie oor die Hoëveld. Ligte reën kan teen die aand oor die platorand verwag word.

• Mbombela: 17 °C en 35 °C

Limpopo

Maandag word baie warm weer verwag. Dit sal veral baie warm oor die Laeveld, die Limpopovallei en plekke oor die westelike Bosveld wees. Dit sal teen die middag gedeeltelik bewolk raak.

• Polokwane: 17 °C en 36 °C

Noordwes

Mooiweer en warm tot baie warm.

• Mahikeng: 19 °C en 38 °C

• Vryburg: 14 °C en 37 °C

Vrystaat

Warm tot baie warm.

• Bloemfontein: 9 °C en 30 °C

Noord-Kaap

Mis word in die oggend langs die noordkus verwag waar dit ook koel sal wees. Dit sal eers bewolk in die weste en suidweste van die provinsie wees. Andersins word gedeeltelike bewolkte en warm weer verwag.

Die wind langs die kus sal matig in ’n suidoostelike rigting waai. Teen die middag sal die wind sterker waai.

• Kimberley: 10 °C en 33 °C

• Upington: 13 °C en 31 °C

Wes-Kaap

Bewolkte en koel weer met enkele buie en reën word langs die suidkus en aangrensende binneland voorspel. Dit sal teen die middag gedeeltelik bewolk oor die binneland wees. Dit sal warm wees in die Weskus-distrik.

Die wind langs die kus sal matig in ’n suidwestelike tot suidelike rigting waai.

• Kaapstad: 14 °C en 20 °C

• George: 13 °C en 20 °C

Oos-Kaap

Dit sal koud op plekke wees, maar andersins bewolk en koel met enkele buie en reën langs die kus. Dit sal winderig langs die kus van Plettenbergbaai wees.

Die wind langs die kus sal matig in ’n suidwestelike rigting waai, maar stormsterkte bereik teen laatoggend.

• Port Elizabeth: 14 °C en 20 °C

• Oos-Londen: 17 °C en 23 °C

KwaZulu-Natal

Meestal gedeeltelik bewolkte en koel weer word voorspel, behalwe in die noorde waar dit warm sal wees.

Dit sal teen middag veral bewolk raak in die suide met enkele buie en donderbuie.

Die wind langs die kus sal matig in ’n suidelike tot suidwestelike rigting waai. Die wind sal teen die aand sterk waai in die suide.

• Durban: 17 °C en 23 °C

• Richardsbaai: 19 °C en 26 °C

• Pietermaritzburg: 15 °C en 23 °C

Meer oor:  Weer Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.