Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Maandag teen brandgevaar in die noordelike binneland van die Noord-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met los reënbuie en donderstorms die middag.

In Johannesburg sal die temperature wissel tussen 14 °C en 27 °C en in Pretoria tussen 16 °C en 29 °C.

In Vereeniging word ’n minimum van 13 °C en ’n maksimum van 28 °C verwag.

Mpumalanga

Bewolk en koel in die ooste, met motreën en mis wat plek-plek aan die platorand voorkom.

Andersins sal dit bewolk en warm wees, met los donderbuie.

In Mbombela wissel die temperature tussen 17 °C en 21 °C en in Skukuza tussen 16 °C en 28 °C. In Ermelo sal dit koelerig wees waar die temperature wissel tussen 12 °C en 19 °C.

Limpopo

Bewolk en koel in die ooste met motreën en mis wat plek-plek aan die platorand voorkom.

Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees, met los donderbuie wat aan die westelike Bosveld voorkom.

In Polokwane word 23 °C in die dag en 16 °C die aand verwag. In Lephalale sal die temperature wissel tussen 19 °C en 31 °C.

Noordwes

Matig en warm tot baie warm, met gedeeltelik bewolkte weer in die noordooste van die provinsie en geïsoleerde donderbuie teen die middag.

In Rustenburg wissel die temperature tussen 16 °C en 31 °C en in Mahikeng tussen 18 °C en 34 °C.

Vrystaat

Bewolk met miskolle oor die noordoostelike dele van die provinsie, wat later gedeeltelik bewolk sal word. Andersins is dit matig en warm.

In Bloemfontein sal die dagtemperatuur 29 °C wees en die kwik sal die aand tot 11 °C daal.

In Bethlehem wissel die temperature tussen 9 °C en 26 °C en in Welkom kan ’n minimum van 14 °C en ’n maksimum van 30 °C verwag word.

Noord-Kaap

Matig en warm tot baie warm tot uiters warm aan die kus. Die kuswind sal fris tot sterk uit die suide waai.

In Kimberley sal die temperature tussen 31 °C en 12 °C wissel.

In Sutherland sal die kwik van 29 °C (maksimum) tot ’n nypende 3 °C teen die aand daal.

In Upington word ’n maksimum van 33 °C en ’n minimum van 16 °C verwag.

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel teen die suidkus en aangrensende binneland, wat later matig en warm tot baie warm in die binneland by die weskus sal word.

’n Fris tot matige suidoostewind word verwag.

Temperature in Beaufort-Wes wissel tussen 8 °C en 30 °C. In Oudtshoorn sal die temperature tussen 11 °C en 32 °C wissel en in Kaapstad tussen 14 °C en 28 °C.

Oos-Kaap

Maandagoggend sal dit bewolk in die ooste van die provinsie wees, andersins matig en warm, maar koel aan die kus. Die ligte westewind word later ’n fris oostewind.

In die weste sal die die oggend bewolk op plekke wees en andersins matig en koel, maar warm in die noorde. Teen die aand sal dit bewolk en mistig suid van die platorand word.

Die ligte suidwestewind sal teen die middag ’n matige oostewind word.

In Graaff-Reinet sal die temperature tussen 7 °C en 30 °C wissel, met 11 °C teenoor 21 °C in Port Elizabeth en 8 °C teenoor 27 °C in Cradock. In Oos-Londen sal temperature wissel tussen 13 °C en 21 °C.

KwaZulu-Natal

Bewolk en koel met los reënbuie die oggend in die noordoostelike dele. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk wees.

Wind word voorspel.

In Durban sal die temperature wissel tussen 17 °C en 22 °C en in Pietermaritzburg sal die dagtemperatuur van 21 °C teen die aand tot 11 °C daal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.