Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen baie sterk winde Maandagmiddag tussen Port Alfred en Port St. Johns. Erge donderstorms word in die Noordoos-Kaap en suidoostelike dele van die Vrystaat verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

  • Pretoria: 15 ºC/31 ºC
  • Johannesburg: 15 ºC/29 ºC

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, met enkele buie en donderbuie, behalwe in die noordooste.

  • Mbombela: 19 ºC/25 ºC

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, met enkele buie en donderbuie in die suidweste en suide.

  • Polokwane: 17 ºC/28 ºC

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm, maar dit sal later gedeeltelik bewolk raak met enkele donderbuie.

  • Mahikeng: 16 ºC/29 ºC
  • Vryburg: 17 ºC/32 ºC

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd in die weste.

  • Bloemfontein: 16 ºC/27 ºC

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk met oggendreën in die weste en suidweste, andersins sonnig en koel, maar warm op plekke in die binneland. In die noorde sal dit warm wees. Die wind langs die kus sal matig tot fris wees.

  • Kimberley: 14 ºC/29 ºC
  • Upington: 15 ºC/31 ºC

Wes-Kaap:

Aanvanklik bewolk in die weste en suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie. Reën word in die noordooste verwag, met verspreide buie in die suidweste. Die wind langs die kus sal matig tot fris wees.

  • Kaapstad: 13 ºC/23 ºC
  • George: 13 ºC/21 ºC

Oos-Kaap

Die westelike dele sal gedeeltelik bewolk en warm in die noorde wees, andersins bewolk en koel met verspreide buie en reën, wat in die middag noordwaarts sal versprei.

In die oostelike deel van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees, met reën en buie langs die kus en aangrensende gebiede. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk wees met verspreide buie en donderbuie. Die wind langs die kus sal fris wees, maar sterk in die suide, van waar dit noordwaarts sal beweeg.

  • Port Elizabeth: 16 ºC/23 ºC
  • Oos-Londen: 17 ºC/22 ºC

KwaZulu-Natal:

Gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die noordooste. Teen die middag sal dit bewolk raak met verspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd in die noorde. Die wind langs die kus sal matig tot fris wees, maar teen die middag sterk word in die suide en van daar teen die aand noordwaarts versprei.

  • Durban: 19 ºC/24 ºC
  • Richardsbaai: 20 ºC/26 ºC
  • Pietermaritzburg: 15 ºC/22 ºC
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.