Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Maandag ’n groot kans op brande oor die noordelike en sentrale dele van die Noord-Kaap, die noordwestelike dele van Noordwes en in die Limpopo-vallei.

Die weerdiens het ’n geel waarskuwing uitgereik vir ernstige donderstorms oor die oostelike Vrystaat en die westelike dele van KwaZulu-Natal, wat skade aan infrastruktuur kan aanrig.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met los buie en donderbuie in die aand.

  • Pretoria: 17 °C tot 31 °C
  • Johannesburg: 15 °C tot 28 °C
  •  Vereeniging: 17 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met los buie en donderbuie in die suide.

  • Mbombela: 13 °C tot 29 °C
  • Standerton: 16 °C tot 29 °C
  • Ermelo: 12 °C tot 27 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm. Dit word gedeeltelik bewolk in die suidweste.

  • Polokwane: 16 °C tot 28 °C
  • Mokopane: 18 °C tot 32 °C
  • Tzaneen: 13 °C tot 30 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met los buie en donderbuie, maar verspreid in die mees suidelike dele.

  • Mahikeng: 19 °C tot 33 °C
  • Vryburg: 16 °C tot 36 °C
  • Rustenburg: 18 °C tot 31 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide buie en donderbuie, maar los buie in die suidweste.

  • Bloemfontein: 13 °C tot 34 °C
  • Kroonstad: 17 °C tot 33 °C
  • Welkom: 16 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Bewolk en koel in die oggend langs die kus, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met los buie en donderbuie in die ooste.

  • Kimberley: 18 °C tot 34 °C
  • Upington: 17 °C tot 37 °C
  • Springbok: 15 °C tot 29 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koel langs die suidkus met ligte reën in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm.

  • Kaapstad: 14 °C tot 25 °C
  • George: 16 °C tot 20 °C
  • Worcester: 15 °C tot 30 °C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm met los donderbuie in die noordweste, andersins bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie.

  • Port Elizabeth: 16 °C tot 20 °C
  • Oos-Londen: 17 °C tot 21 °C
  • Graaff-Reinet: 11 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk met miskolle in die oggend oor die binneland, anders koel maar plek-plek warm in die noorde waar dit gedeeltelik bewolk sal wees.

  • Durban: 17 °C tot 24 °C
  • Richardsbaai: 19 °C tot 27 °C
  • Pietermaritzburg: 15 °C tot 23 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.