Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor brande wat Maandag in die westelike binneland en kusgebied van die Noord-Kaap verwag word, sowel as aan die Weskus. Uiters warm temperature word ook vir die Weskus-streek voorspel.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die middag.

  • Pretoria: 15 °C tot 27 °C
  • Johannesburg: 12 °C tot 26 °C
  • Vereeniging: 12 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Bewolk en mistig in die oggend met ligte reën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel. Baie warm in die Laeveld met geïsoleerde buie en donderstorms in die middag.

  • Mbombela: 15 °C tot 23 °C
  • Standerton: 12 °C tot 23 °C
  • Ermelo: 11 °C tot 19 °C

Limpopo

Bewolk en mistig in die oggend met ligte reën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met geïsoleerde buie en donderstorms.

  • Polokwane: 15 °C tot 24 °C
  • Mokopane: 18 °C tot 26 °C
  • Tzaneen: 16 °C tot 25 °C

Noordwes

Miskolle in die suide, andersins matig en warm, maar gedeeltelik bewolk in die ooste en later in die weste. Geïsoleerde buie en donderstorms word vir die sentrale en oostelike dele voorspel.

  • Mahikeng 15 °C tot 26 °C
  • Vryburg 13 °C tot 28 °C
  • Rustenburg 14 °C tot 25 °C

Vrystaat

Miskolle in die sentrale dele, andersins matig en koel, maar warm in die weste. Dit sal bewolk in die ooste wees met reënbuie in die oggend. Later bewolk in die noorde met geïsoleerde buie en donderbuie in die middag.

  • Bloemfontein: 8 °C tot 24 °C
  • Kroonstad: 13 °C tot 21 °C
  • Welkom: 13 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Matig en koel tot warm, maar warm in die binneland. Later gedeeltelik bewolk in die noorde en noordooste met geïsoleerde reënbuie en donderbuie. Die wind langs die kus sal matig tot sterk suid tot suidoos waai.

  • Kimberley: 13 °C tot 28 °C
  • Upington: 19 °C tot 35 °C
  • Springbok: 20 °C tot 34 °C

Wes-Kaap

Koel langs die suidkus, andersins matig en warm. Baie warm in die ooste. Die wind langs die kus sal matig tot sterk oos tot suidoos waai.

  • Kaapstad: 16 °C tot 31 °C
  • George: 13 °C tot 24 °C
  • Worcester: 12 °C tot 36 °C

Oos-Kaap

Miskolle in die oggend in die oostelike binneland, andersins matig en warm, maar koel langs die kus. In die weste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees, andersins bewolk en koel met geïsoleerde reën- en donderbuie in die oggend langs die Wildekus. Die wind langs die kus sal matig tot sterk noordoos waai.

  • Port Elizabeth: 16 °C tot 23 °C
  • Oos-Londen: 17 °C tot 23 °C
  • Graaff-Reinet: 11 °C tot 31 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en koel met verspreide reën- en donderbuie, maar geïsoleerd in die noordooste. Die wind langs die kus sal matig noordoos waai.

  • Durban: 17 °C tot 23 °C
  • Richardsbaai: 18 °C tot 28 °C
  • Pietermaritzburg: 14 °C tot 23 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.