Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings vir Maandag uitgereik nie.

Gauteng

Aanvanklik bewolk, maar andersins gedeeltelik bewolk en warm, met geïsoleerde reën- en donderbuie.

• Pretoria: 17 °C tot 28 °C

• Johannesburg: 15 °C tot 26 °C

• Vereeniging: 16 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Aanvanklik bewolk, maar andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde reën- en donderbuie wat verspreid oor die Hoëveld kan voorkom.

• Mbombela: 19 °C tot 31 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde buie en donderstorms.

• Polokwane: 10 °C tot 31 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde buie en donderstorms.

• Mahikeng: 17 °C tot 30 °C

• Vryburg: 17 °C tot 31 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde reënbuie en donderstorms wat kan voorkom.

• Bloemfontein: 13 °C tot 24 °C

Noord-Kaap

Sonskynweer word verwag. Dit sal warm tot baie warm wees, maar langs die kus sal dit koel en bewolk wees.

• Kimberley: 16 °C tot 33 °C

• Upington: 16 °C tot 29 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die ooste met ’n kans op reën langs die suidwes- en suidkus.

• Kaapstad: 14 °C tot 20 °C

• George: 14 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

In die westelike helfte van die provinsie sal dit eers bewolk wees, waarna dit gedeeltelik bewolk en warm sal word. Dit sal koel bly oor plekke langs die kus, met geïsoleerde buie en ligte reënval suid van die platorand.

Dit sal bewolk wees op plekke in die oostelike dele van die provinsie en langs die platorand. Suid van die platorand sal dit koel wees. Dit sal later bewolk raak met geïsoleerde donderstorms en reënbuie, wat verspreid sal voorkom oor die mees noordoostelike dele.

• Port Elizabeth: 16 °C tot 23 °C

• Oos-Londen: 17 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmis word verwag oor die binneland, maar elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Dit sal baie warm wees in die noorde. Verspreide reënbuie en donderstorms word verwag, maar wat geïsoleerd oor die noordooste sal voorkom.

• Durban: 20 °C tot 27 °C

• Richardsbaai: 21 °C tot 34 °C

• Pietermaritzburg: 16 °C tot 31 °C

Meer oor:  Weerdiens  |  Die Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.