Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n ernstige waarskuwing uitgereik oor swaar reën en die moontlikheid van vloede in Limpopo, Mpumalanga, die oostelike Hoëveld en die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal. Oorstromings weens swaar reën word ook in die noordoostelike dele van Noordwes verwag.

Gauteng

Bewolk, winderig en koel met verspreide reënbuie.

• Pretoria: 17 °C tot 22 °C

• Johannesburg: 16 °C tot 20 °C

• Vereeniging: 16 °C tot 21 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel met verspreide reën- en donderbuie en wydverspreide donderbuie in die ooste. Warm in die Laeveld en winderig op plekke in die Hoëveld.

• Mbombela: 19 °C tot 22 °C

Limpopo

Bewolk en koel tot warm met verspreide reën- en donderbuie. Wydverspreide reënbuie oor die westelike Bosveld sowel as die suidoostelike platorand.

• Polokwane: 18 °C tot 24 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk, winderig en warm met enkele reën- en donderbuie. Verspreide reënbuie in die ooste. Wydverspreide reën- en donderbuie in die noordooste.

• Mahikeng: 18 °C tot 21 °C

• Vryburg: 17 °C tot 27 °C

Vrystaat

Koud in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele reën- en donderbuie. Verspreide reënbuie in die ooste en noorde waar dit ook bewolk, winderig en koel sal wees.

• Bloemfontein: 17 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Bewolk en koel in die oggend langs die kus, andersins matig tot warm. Gedeeltelik bewolk in die noorde en ooste met enkele reën- en donderbuie. Die wind aan die kus is matig tot sterk suid tot suidoos.

• Kimberley: 16 °C tot 27 °C

• Upington: 20 °C tot 34 °C

Wes-Kaap

Bewolk oor die noordoostelike binneland, andersins matig tot warm. Baie warm op plekke in die westelike binneland. Die wind sal matig tot sterk oos langs die suidelike kus waai, andersins matig tot sterk suidoos.

• Kaapstad: 18 °C tot 32 °C

• George: 16 °C tot 27 °C

Oos-Kaap

In die westelike deel van die provinsie sal dit koel langs die kus wees, andersins bewolk en warm met die moontlikheid van ligte reën in die oggend. Die wind langs die kus sal matig tot sterk oos waai.

In die oostelike dele sal dit bewolk en koel wees met verspreide reënbuie, maar gedeeltelik bewolk en warm met donderstorms in die noorde. Die wind sal vroegoggend matig aan die kus waai, andersins sterk noordoos.

• Port Elizabeth: 19 °C tot 24 °C

• Oos-Londen: 19 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk met verspreide reënbuie, wydverspreide buie in die noordooste. Die wind langs die kus sal matig tot sterk suidwes waai, maar sterker noord van Richardsbaai.

• Durban: 20 °C tot 24 °C

• Richardsbaai: 21 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 16 °C tot 29 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.