Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat sterk wind Maandag tussen Plettenbergbaai en die Keiriviermond sal waai.

Maandag se weer kan tot wegholbrande in die binneland van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap en in die Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap lei.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm.

• Pretoria: 13 °C tot 27 °C

• Johannesburg: 13 °C tot 25 °C

• Vereeniging: 12 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Miskolle in die oggend oor die platorand en die suidelike Hoëveld, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die Laeveld met enkele reënbuie in die ooste.

• Mbombela: 15 °C tot 22 °C

Limpopo

Aanvanklik miskolle in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie in die ooste.

• Polokwane: 15 °C tot 23 °C

Noordwes

Aanvanklik bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

• Mahikeng: 14 °C tot 26 °C

• Vryburg: 15 °C tot 27 °C

Vrystaat

Aanvanklik bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie later die dag.

• Bloemfontein: 15 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Mistig in die kusgebied waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm tot baie warm in die binneland. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele buie in die noorde.

• Kimberley: 16 °C tot 30 °C

• Upington: 20 °C tot 32 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm langs die suidkus, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm weer word verwag plek-plek in die westelike binneland. Gedeeltelik bewolk in die noordoostelike binneland later die dag met donderbuie.

• Kaapstad: 22 °C tot 30 °C

• George: 20 °C tot 35 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Baie warm op plekke. Bewolk met verspreide donderbuie later die dag.

In die ooste sal dit aanvanklik bewolk wees, andersins warm en gedeeltelik bewolk.

• Gqeberha: 20 °C tot 30 °C

• Oos-Londen: 20 °C tot 28 °C

KwaZulu-Natal

Aanvanklik miskolle in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar koel op plekke in die weste. Enkele buie in die noordooste.

• Durban: 18 °C tot 27 °C

• Richardsbaai: 19 °C tot 27 °C

• Pietermaritzburg: 13 °C tot 26 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.