Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek: Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor sterk winde oor die suidelike dele van Namakwaland, die Sentraal-Karoo, Kaapse Wynland en die Tuinroete wat moontlike skade kan aanrig. In Namakwaland en die Karoo sal daar ook toestande wees wat tot die ontstaan van weghol-veldbrande kan lei.

’n Werker stap vroegoggend tussen die swembaddens in Seepunt om te begin om onderhoud te doen en die swembaddens skoon te maak. Foto: Jaco Marais

Gauteng

Sonnige weer en koel.

• Pretoria: 6 °C tot 20 °C

• Johannesburg: 4 °C tot 18 °C

• Vereeniging: 3 °C tot 19 °C

Mpumalanga

Miskolle sal in die oggend voorkom oor die Hoëveld. Elders sal dit sonnig en koel tot koud wees. Dit sal gedeeltelik bewolk oor die Laeveld en platorand wees.

• Mbombela: 6 °C tot 21 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm, maar dit sal bewolk wees oor die noorde en sentrale dele van die provinsie.

• Polokwane: 6 °C tot 18 °C

Noordwes

Sonnig en koel.

• Mahikeng: 4 °C tot 20 °C

• Vryburg: 2 °C tot 21 °C

Vrystaat

Sonnig en koel, maar dit sal koud wees in plekke in die ooste.

• Bloemfontein: 2 °C tot 22 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel tot warm, maar dit sal warm wees langs die kus.

• Kimberley: 3 °C tot 21 °C

• Upington: 10 °C tot 23 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel tot warm, maar dit sal baie warm wees langs die suidkus. Dit sal teen die aand bewolk word oor plekke in die suidwestelike dele.

• Kaapstad: 20 °C tot 23 °C

• George: 18 °C tot 32 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die provinsie sal dit sonnig en warm wees. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk word in die suide.

Sonnige en warm weer kan verwag word in die oostelike dele van die provinsie. Dit sal egter koel wees in die noordelike dele.

• Gqeberha: 15 °C tot 28 °C

• Oos-Londen: 20 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en koel.

• Durban: 12 °C tot 23 °C

• Richardsbaai: 12 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 6 °C tot 23 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.