Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Saterdag ’n uitermatige groot kans van brande oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, die sentrale Karoo, die noordelike binneland van die Oos-Kaap, die westelike Vrystaat en die verre westelike dele van die Noordwes. Hewige donderstorms sal ook in die oostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike Vrystaat en die westelike dele van die Noordwes voorkom.

Gauteng:

Aanvanklik bewolk waarna dit later gedeeltelik bewolk en koel sal wees met verspreide donderstorms.

  • Minimum en maksimum temperature – Pretoria: 17 °C en 22 °C; Johannesburg: 15 °C en 21 °C; Vereeniging: 16 °C en 22 °C.

Mpumalanga:

Misnewels sal in die oggend oor die platorand voorkom, andersins bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie wat meer wyd verspreid in die verre weste sal wees. Warm toestande sal in die Laeveld en in die suidwestelike dele van Mpumalanga heers.

  • Minimum en maksimum temperature – Mbombela: 15 °C en 21 °C.

Limpopo:

Misnewels sal in die oggend oor die binneland aanwesig wees, andersins bewolk en warm met verspreide buie en donderstorms wat meer wyd verspreid in die westelike Bosveld sal voorkom.

  • Minimum en maksimum temperature – Polokwane: 22 °C en 25 °C.

Noordwes:

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide tot wyd verspreide buie en donderbuie.

  • Minimum en maksimum temperature – Mahikeng: 19 °C en 28 °C; Vryburg: 18 °C en 31 °C.

Vrystaat:

Aanvanklik bewolk in die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide tot wyd verspreide buie en donderbuie.

  • Minimum en maksimum temperature – Bloemfontein: 16 °C en 33 °C.

Noord-Kaap:

Mooiweer en warm langs die kusgebied, andersins baie warm tot bloedig warm. Later in die dag sal dit gedeeltelik bewolk word met verspreide buie en donderbuie in die ooste wat meer verspreid in die verre oostelike dele sal voorkom.

  • Minimum en maksimum temperature – Kimberley: 18 °C en 35 °C; Upington: 21 °C en 40 °C.

Wes-Kaap:

Mooiweer en warm, maar baie warm tot bloedig warm oor die binneland. In die middag sal dit gedeeltelik bewolk langs die suidkus word vanuit ’n westelike rigting. Bloedig warm toestande word ook vir die sentrale Karoo voorspel.

  • Minimum en maksimum temperature – Kaapstad: 18 °C en 27 °C; George: 15 °C en 30 °C.

Oos-Kaap:

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit warm langs die kusgebied wees, andersins mooiweer en baie warm. In die middag sal dit gedeeltelik bewolk wees met donderstorms wat in die noordoostelike dele sal voorkom. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit warm langs die kusgebied wees, andersins mooiweer en warm tot baie warm. In die middag sal dit gedeeltelik bewolk word met verspreide buie en donderbuie wat meer verspreid in die noorde sal voorkom.

  • Minimum en maksimum temperature – Port Elizabeth: 15 °C en 27 °C; Oos-Londen: 17 °C en 28 °C.

KwaZulu-Natal:

Aanvanklik bewolk met mistige toestande oor die binneland. ’n Ligte reënbui word in die oggend in die ooste verwag, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie teen die middag se kant.

  • Minimum en maksimum temperature – Durban: 19 °C en 26 °C; Richardsbaai: 20 °C en 27 °C; Pietermaritzburg: 14 °C en 28 °C.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.